Friday, 26 July 2019
Nuusbrief 28 Julie
Welkom by die Erediens
Ned Geref Gemeente
Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag
28 Julie 2019
2019 – ONS VIER 50 JAAR VAN GENADE
50 Jaar van Genade en ‘n Ewigheid van Sorg
Dit is ons
gemeente tema vir 2019 - die jaar wat Vyfhoek sy 50ste bestaansjaar gedenk.
Iemand
skryf so mooi en waar oor ons as gelowiges:
Mense sê
altyd dat woorde sonder dade in die Christelike geloof niks beteken nie. En dis
waar. Maar ons dink gewoonlik aan groot dade, opspraakwekkende dinge, wat mense
se oë laat rek of ‘n kloppie op die skouer verdien. Maar ek is bevrees die Here
vir wie ons werk, het eerder onopvallende dade in gedagte: die ongesiene goeie
werkie, die stil gebede, die anonieme koevert in die posbus, die persoonlike
opoffering waarvan niemand weet nie; die geheime stryde, die onver-melde
oorwinnings…..
Sondag 28 Julie 2019
08:00 Mannebiduur : E
Vosloo (Van Alphen str)
09:30 Erediens - Ds E
Vosloo “Waaraan anker jy jou?” Fil 4:4-7
Deurkollekte:Ons Hulde
09:30 Kleuterkerk en
Kategese (Gr1-6)
09:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Belydenisgroep
10:30 Tee by die luik
18:30 Aanddiens - Ds H
Roelofse “Die Here bied ‘n feesmaal aan al die volke” Jes 25:1-9
Dagboek van
NG Vyfhoek
Maandag 29
Julie
17:15 Kategese
by ES Le Grange
17:15 Bybelstudie
in die konsistorie
Dinsdag 30
Julie
14:30 Damesbybelstudie
18:00 Bestuursvergadering
in konsistorie
Woensdag 31
Julie
19:00
Plaasbiduur: Naas en Anel Gildenhuys
Donderdag 1
Augustus
18:30 Kleingroepbyeenkoms,
kontak vir Hansie indien jy belangstel,
082 789
6855.
19:00 Timoteusgroep
Kontak vir
Carla as jy wil inskakel. by 082 552 9642.
Sondag 4 Augustus 2019
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Tee by die luik
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Belydenisgroep
18:30 Aanddiens
Voorbidding vir die volgende siekes
*Jolandi De Jager is tuis na hospitalisasie.
*Laetitia Olivier herstel na ‘n operasie.
*Lorette Frith kry behandeling.
*Karin Van Vuuren herstel na ‘n operasie.
*Fanie Van Vuuren kry behandeling.
*Alet Mayer herstel na ‘n operasie.
*Anker en Driekie Fourie se kleinkind is siek.
Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak
die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die
onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige
vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe
van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie.
Medelye…..
Aan Liesbet
asook
Hennie en
Linelia Heenop en gesin met die afsterwe
van hulle eggenoot, vader en oupa. Die roudiens is komende Woensdag om 12:00.
Mag julle krag ontvang in hierdie hartseer tyd.
Muur van Herhinnering
Ons wil alle gemeentelede attent maak op die feit dat
daar nissies beskikbaar is in ons Gedenkmuur.
Die koste van so ‘n nissie beloop R1500,00 en daar pas 2
kissies in.
Julle is welkom om die
Kantoor te besoek vir enige verdere inligting.
Gedenkbundel:
50 - Jaar
Liewe Gemeente.
As die gedenkblad Oktober, as die hoogtepunt van ons feesviering verskyn, wil
ons hê dat dit besonders sal wees.
Ons vra
foto’s van dope, aannemings en troues, wat in Vyfhoek plaasgevind het, bring
dit vir ons, en ons onderneem om alles ongedeerd aan u terug te besorg.
As u ‘n
interessante ervaring gehad het, of ‘n humoristiese staaltjie onthou, deel dit
met ons.
Onthou
hierdie is ‘n Feesbundel, bring die menslikheidsfaktor in, nie-mand wil net
vervelige statistieke lees nie. Skryf vir ons iets oor jou en Vyfhoek se
geskiedenis, so bewaar ons dit vir die komende geslagte.
Skakel vir
Martie Langenhoven: 290 5362, Ds Eljam 081 039 3088 of Ds Hansie: 082 789 6855.
Baie
belangrik: Afsnydatum vir inhandiging van stof – 29 Augustus
Teeskink
beurte vir 2019
28 Julie
Elize Vd
Merwe
4 Augustus
Leonora
Brewis
11 Augustus
Elise
Havenga
18 Augustus
Leanné
Laubscher
Indien jy
graag wil help met die skink van tee in 2019, kontak my.
Baie
dankie: Heleen
Feesprogram
vir die res van die jaar!
13
September-Klassieke Konsert
11-13
Oktober-Feesnaweek
Vrydag
aand– Gemeente konsert met koop-en-loop etes. Beloof om hope pret te wees.
Sondagoggend-Feesdiens
met oudlidmate en die beskikbaarstelling van die Feesbundel.
Onthulling van die
gedenkplaat en verversings in die kerksaal daarna.
Projek
Winterhoop
Ons gaan ‘n groot poging hierdie jaar aanwend met Projek
Winter-hoop, en daarmee het ons julle hulp nodig.
Daar is baie mense daarbuite wat nie die nodige klere en
linne het om warm deur die winter te kan gaan nie, en die meeste van ons het
weer heeltemal te veel.
So as daar enige warm klere, baadjies, skoene, kouse,
serpe en musse is wat julle nie meer gebruik nie, bring dit vir ons.
Daar sal houers in die kerk portale geplaas word, waarin
die sken-kings gesit kan word.
Net so ook met linne.
Lakens, duvets, kussings, komberse, enige beddegoed. Dit hoef nie noodwendig
nuut te wees nie, as dit in jou kaste lê, bring dit vir ons. Elke bietjie
help!!!
Verjaarsdae: 28 Julie tot 3
Augustus
28 Julie
Jan Kruis
Alton Nell
Petri Van Zyl
Lynette Venter
29 Julie
Lena Bestbier
Elsuné Els
30 Julie
Alida Weyers
31 Julie
Ignatuis Alberts
1 Augustus
Jannie Peyper
Geroldine Strauss
2 Augustus
Johan Britz
Martie Langenhoven
Rohan Taggart
3 Augustus
Retha Badenhorst
Winston Fuller
Dankoffers
Begroot Mrt-Junie
R250 000
Ontvang Mrt-Junie
R205 939
GHOLFDAG NG-VYFHOEK
Vrydag, 15 November 2019
NG Vyfhoek se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op Vrydag,
15 November 2019 by die Potchefstroomse Buiteklub plaas, we-er met die
GROOT VLEIS-pryse waarna al die gholfers elke jaar uitsien en van praat.
Kostes: R1 200.00 vir 4 balle
(Sluit ‘n boereworsrol en ‘n Shooter by die halfweg nommer 13 in)
Advertensie: Advertensies
by ‘n onbemande putjie is R500. Advertensies by ‘n bemande putjie waar u water
of bier uitdeel is GRATIS
Borge: Indien u ‘n gat wil
borg sonder spelers, is dit R700.
Erkenning sal aan die instansie/besigheid/persoon gegee
word tydens die gholfdag.
Gholfers en besigheidsmense in ons gemeente,
skakel vir Ds Eljam om hand by te sit!
Ons beplan ‘n informele
feeskonsert vir Vrydag 11 Oktober.
Vrolike pret en plesier uit die gemeente vir die
gemeente.
Ons moet ‘n program opstel, en daarvoor kort ons
deelnemers.
Musiek items, komiese toneeltjies, voorlesings of
vertellings, al sulke toepaslike idees, help ons daarmee.
Skakel ons gerus met julle voorstelle en wees deel van
die pret. Kerkkantoor (018) 290 5988, Heleen-082 570 2332,
of stuur ‘n e-pos na
ngvyfhoek@gmail.com
Friday, 19 July 2019
Thursday, 11 July 2019
Subscribe to:
Posts (Atom)