Friday, 13 March 2020

Nuusbrief 15 Maart


Welkom by die Erediens
Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 15 Maart 2020

God sorg en gee om In God se sorg en omgee vir ons wil Hy ons oorlaai met sy seëninge, maar dikwels is ons hande te vol van ander dinge om dit te ontvang.

O N S   D A N K O F F E R S
Gelowiges is dankbare mense! Om ‘n maandelikse dankoffer te gee, is een van die maniere waarop ons dankie sê vir die kruisoffer wat Jesus vir ons gebring het!
Na die stil Desembervakansie is die gemeente se kontantvloei in die knyp! Ons is die Here baie dankbaar vir gelowiges wat reageer en getrou hulle maandelikse dankoffers gee.
Begroot vir jaar R750 000.00
Dankoffers
 Begroot Mrt-Feb R750 000
 Ontvang Mrt-Feb R692 422
Liewe Gemeente Onthou asseblief om jou dankoffer aan te pas indien dit moontlik is. Die kerk se bankbesonderhede is soos volg:
NG Kerk Vyfhoek
ABSA   Rek no: 680 590 036   
Verwysing: Jou naam.

KANTOOR KOMMUNIKASIE: Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor my nommer op jou foon, Heleen: 082 570 2332, en die gesprekskanale is oop.

Sondag 15 Maart  2020
08:00 Mannebiduur by A Liebenberg 
09:30 Erediens - Ds H Roelofse “Ons aanbid Jesus Christus: Hy is ons Here” Matt 16:13-28 Doop plegtigheid
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Geen Belydenisgroep 
10:30 Tee by die luik
18:30 Aanddiens - Ds E Vosloo “God...dis waarom ons in Hom glo” Joh 3:16 en 1Joh4:7-10;16

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK
Maandag 16 Maart
17:15  Kategese by ES Le Grange
17:15 Bybelstudie in die konsistorie
Dinsdag 17 Maart
14:30 Damesbybelstudie in kerkgebou, kom kuier saam
Donderdag 19 Maart
19:00 Kleingroepbyeenkoms, kontak vir Hansie indien jy wil inskakel, 082 789 6855.
19:00 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Woensdag 25 Maart
19:30 Plaasbiduur

Teeskink beurte vir 2020
15 Maart
Susan Meyer
5 April
Hantie Erbstoesser
19 April
Mada Vosloo
10 Mei
Elize Van Zyl
Indien hierdie datum nie geskik is nie, kontak my en ons tref ‘n reeling.  Indien jy graag wil help met die skink van tee in 2020 kontak my. by: 082 570 2332 Baie dankie: Heleen

Sondag 22 Maart 2020
08:00 Geen Mannebiduur
09:30 Erediens
09:30 Geen Kleuterkerk 
09:30 Geen Kategese
10:30 Geen Belydenisgroep
18:30 Geen Aanddiens 

Vir aandag...
Liewe gemeente, ons het ‘n geweldige probleem met die herwinning wat hier by die kerk afgelaai word. Dit is noual vir Desember en Januarie maand nie verwyder nie, en daarom vra ons dat geen herwinning meer by die kerkterrein afgelaai word nie. Dankie

Voorbidding vir die volgende siekes…
*Bets Gordon is in Mediclinic
*Joppie Schoeman is in die hospitaal
*Hennie Kleynhans is tuis na hospitalisasie
*Nina Laubscher  ontvang behandeling
*Ria Bosch herstel na ‘n operasie

Vyfhoek 50—Feesblad
Die Feesblad is in die kantoor  beskikbaar. Ons het ‘n beperkte voorraad en vra dat elke gesin asb net een sal neem, daarna kan oulidmate wat weg is uit die gemeente, ’n kans kry. Indien nog benodig word, kan dit teen volle koste gedruk word, dankie

Gemeente Basaar - Saterdag 6 Junie
Ons het reeds begin beplan aan ons basaar en alle lidmate word versoek om met harte en hande…
 *Vir ons te help waar nodig (u sal gekontak word)
 *Vir ons te help om die bestandele en produkte bymekaar te kry (u sal gebel word en dmv w’ap boodskappe inligting ontvang)
 *Vir ons groot projek te bid
 *Vir ons te help om die bestandele en produkte bymekaar te kry
Ons benodig die volgende bestandele vir die basaar…
*Koekmeel  *Poedingbestandele  *Olie   *Kondensmelk en vla  *Suiker   *Stork bake

Gelukwense aan…
Jannie en Anel Geldenhuys met die doop van Lané. 
Ook aan die Oumas en Oupas teenwoordig , mag sy aan julle baie vreugde en plesier bring. 

Verjaarsdae: 15 Maart - 21 Maart
15 Maart
Iané Alberts
16 Maart
Carla Crous
Hendré Minny-
Lizelle Van Niekerk
17 Maart
Ina Hefer
Hendrik Nel
18 Maart
Henk Alberts
Coenraad Erasmus
19 Maart
Elsabe Blom
Gideon Du Toit
20 Maart
Anoux Botha
21 Maart
Karin Smith
Luan Theart
Veels Geluk met die verjaarsdae,  mag daar nog vele wees!