Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees
gerus hierdie oordenking.
KRITIEK OP DIE KERK
“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar
die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?" (Matt. 7:3)
Die
kerk beland soms ernstig in die spervuur. Allerlei beskuldigings wat wissel van
"dood" en "koud" tot by "uit pas met die moderne
lewe", word teen die kerk geslinger. Dikwels is sommige van die
beskuldigings ook waar. Daar is egter twee dinge wat ons moet onthou wanneer
ons die kerk kritiseer.
Eerstens
moet ons onthou wie die kerk is. Dit is mense. Dit is ek en jy. Elke
beskuldiging teen die kerk is 'n beskuldiging teen onsself. Elkeen van ons kan 'n verskil maak en kan
daartoe bydra dat die kerk verander. Die kerk is nie 'n statiese saak nie, maar
is 'n dinamiese organisme waar daar verandering
en groei kan kom. Elke gelowige is in die vermoƫ om daardie groei aan te help.
'n Mens wat werklik in 'n gemeente diensbaar word, oefen die invloed uit dat ander gelowiges ook diensbaar
word. 'n Enkele toegewyde gelowige kan 'n verskil maak.
Miskien
moet ons, in ons kritiek teenoor die kerk, Matteus 7:1-3 onthou:
"Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met
dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel
word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet
word. Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die
balk in jou eie oog merk jy nie op nie?"