Sunday, 27 August 2017
Friday, 25 August 2017
Oordenking - Om naby God te leef
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
OM NABY GOD TE
LEEF
Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie,
want God het hom na Hom toe weggeneem (Gen 5:24).
Henog het met God gewandel –
só het die 1953-vertaling bogenoemde teks vertolk. Die heel eerste mens van wie
ons die uitspraak te hore kom. Hoe "wandel" 'n mens saam met God wat
Gees is? Ek dink dat die wandeling in die eerste plek dui op 'n lewenshouding
van gemeenskap met God. Dit beteken iets van 'n oomblik-vir-oomblik luister na
God, gesels met God, gehoorsaam aan God lewe. Luister, praat, ervaar en doen.
Miskien kan 'n wandel met God die heel beste met die paar woorde beskryf word.
Heelwat later sou 'n ander volgeling van God,
saamloper met God, by name Paulus ook ontdek dat die ander dinge nie van veel
belang is nie. In 'n sterkbewoorde verklaring meen hy dat al die ander goed as
drek beskou moet word in vergelyking met sy saamloop met God. Hoe lyk jou pad?
Wil jy graag die God wat met jou wil saamloop beter leer ken?
Thursday, 24 August 2017
Friday, 18 August 2017
Oordenking - Die nutteloosheid van wonderwerke
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
DIE NUTTELOOSHEID
VAN WONDERWERKE
Markus
6:1-13
Ek
kan my goed voorstel dat, as enigeen van ons vir God sou kon raadgee oor hoe om
moderne mense te beïndruk en tot geloof te bring, ons Hom waarskynlik sou
aanraai om 'n paar wonderwerke te doen. Sien is mos glo. Of so glo ons.
Dit is daarom nogal verrassend om te lees wat hier
gebeur. Markus vertel van die ongeloof van die mense in Jesus se geboortedorp
en dan maak hy hierdie onverstaanbare stelling: “Hy kon daar geen enkele
wonderwerk doen nie ... Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense” (6:5-6).
'n Mens sou die teenoorgestelde verwag: dat Jesus juis teen die ongeloof in, 'n
klomp wonderwerke sou doen. Dit sou die mense tog aan die praat kry ... en tien
teen een aan die glo ook.
Die storie word vertel van 'n dosent aan 'n universiteit
wat sy studente uitgedaag het met die proefneming om 'n glas op die grond te laat
val met die “gebed” dat dit nie moet breek nie. Die behoud van die glas sou dan
'n teken wees dat God wel bestaan. Volgens die storie het die glas toe geglip
en op sy skoen te lande gekom. Ongeskonde. Het hy toe in God geglo? Natuurlik
nie. Dit was “mos” 'n ongeluk.
Dis seker ook waarom Abraham in die gelykenis van die
ryk man en Lasarus vir die bekommerde ryke sê: “As hulle na Moses en die profete
nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood
opstaan"(Luk. 16:31).
Nee, sê 'n bekende skrywer, 'n mens glo nie in die
bestaan van God deur bewyse nie — soos wat jy in die bestaan van Timbaktoe of
die planete sou glo nie. Jy glo in die bestaan van God soos wat jy in die
bestaan van 'n vriend of geliefde glo. Bewondering is geen basis vir vriendskap
nie. Nog minder is dit 'n gesonde basis vir 'n huwelik. Liefde is wel. Dit is
wat God van ons vra. Want dit is wat Hy vir ons gee - liefde!
Wednesday, 16 August 2017
Friday, 11 August 2017
Oordenking - Die Herder-Heer
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
DIE HERDER-HEER
2 Sam
5:1-5, 9-10
Dit is haas onmoontlik vir
enige Nuwe-Testamentiese leser om nie reeds die spore van die Messias in die
verkiesing en die lewe van die messiaanse koning Dawid raak te lees nie. Dit
was immers Jesus wat van Homself gesê het dat Hy die goeie herder is, dat Hy sy
lewe vir sy skape aflê (Joh. 10:11).
Dit is, soos ons in die
lewe van Dawid gesien het, iets besonders as iemand dit regkry om van die
bewaker van skape te vorder tot die leier van 'n land. Dit is in elk geval iets
wat die meeste van ons so iemand sal beny. Wat ons iemand nie sal beny nie en
een ding waarheen niemand waarskynlik sal aspireer nie, is om te "vorder"
van heerser na herder.
In sekere sin is dit wat
met Jesus se koms na die wêreld gebeur het. Maar ook net in sekere sin, want
die Heer wat in die gestalte van 'n herder gekom het, was van ewigheid af 'n
Herder. Hy was van ewigheid af die Een wat besorg is oor sy handewerk, oor sy
skepsels. As Hy Hom openbaar as die Herder-Heer, dan is dit juis in hierdie oënskynlike
teenstrydigheid wat Hy Hom kenbaar maak soos wat Hy is. Jesus is die ware
herder, die toegewyde Herder, vir wie dit ten diepste aankom op die welstand en
die veiligheid van sy skape. Maar Hy is ook die Heer, die Kurios, die
Een aan wie alle mag in die hemel en op die aarde gegee is (Matt. 28:18).
En hierin, in hierdie openbaring van wie Hy is, is
alles vervat wat die lewe vir ons 'n sinvolle onderneming maak. Want dit sê dat
die God wat die heerser oor die hemel en die aarde is, ook dieselfde God is wat
begaan is oor ons lot. Die God wat regeer, is die God wat waak. Die God wat
die lewe gee, is terselfdertyd die God wat die liefde gee.
Daar is iets ongelooflik vertroostends aan hierdie
wete: die Een wat my lewe in sy hande hou, is terselfdertyd die Een wat die
meeste vir my omgee.
Sunday, 6 August 2017
Friday, 4 August 2017
Oordenking - Kan 'n mens ooit genoeg gee
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
KAN ‘N MENS OOIT
GENOEG GEE?
2 Kor
8:7-15
Die
meeste van ons sou sekerlik al meermale gesprekke gevoer het oor die vraag: Kan
'n mens ooit genoeg gee?
Dikwels
hoor ons en lees van mense wat letterlik al hulle goed weggegee het om verder
in die geloof te lewe. Sulke getuienisse laat die meeste ander Christene
gewoonlik geweldig skuldig en selfs geestelik minderwaardig voel.
Dan
is dit bevrydend en bemoedigend om te sien hoe nugter en sonder sentiment
Paulus met hierdie sake omgaan. Luister wat sê hy hier in 8:12: “As die goeie
wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.” En dan voeg die apostel nog by dat hy nie van enigiemand verwag om self
gebrek te ly sodat hulle ander kan help nie (13).
Laasgenoemde is natuurlik die deel wat vir ons lekker is
om te hoor. Onthou egter ook die woorde waarmee Paulus begin het: “Aangesien
julle alles in oorvloed het ... wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig”
(7). “Oorvloedig gee” het
uiteindelik min te doen met skuldgevoelens, maar alles met onderskeidingsvermoë — die vermoe om te kan weet wanneer ek in oorvloed het
en ander wat gebrek ly, moet help.
Hierdie
onderskeidingsvermoê is egter nie 'n aangebore kwaliteit nie. Dit is iets wat
alleen die Gees van God ons kan leer.
Subscribe to:
Posts (Atom)