Friday, 26 January 2018

Oordenking - 'n Tweede kans

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.

'N TWEEDE KANS

Openbaring 21:1-8

Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut” (Op 21:5) Indien jou geestelike lewe in 'n groef verval het en dit die vonkel kort­kom wat jy eenmaal beleef het, is dit tyd om volkome eerlik met jouself te wees. Gewoonlik soek 'n mens die fout buite jouself en laat jy nie toe dat die Heilige Gees jou help om binnetoe te kyk nie.

Jy kan probeer voorgee dat jy die noodsaak van 'n lewende geloof ontgroei het en selfgenoegsaam is. Moontlik is jou vriende wêreldge­sind en probeer jy met hulle in pas wees. Of deur gebrek aan gebed en Bybelstudie het jy toegelaat dat jou liefde, ywer en geloof afkoel.

Maar Christus se liefde vir jou het onveranderd gebly. Die Goddelike liefde wissel nie met jou veranderende gemoedstemmings nie. Sy liefde is ewig. Wanneer jy besef hoe ver jy van Hom weggedwaal het, is jy waar­skynlik te skaam en verleë  weer na Hom toe te gaan. Moenie verval in selfbejammering oor mislukkings van die verlede nie. Begin weer van nuuts af.


Jesus Christus vereis nie van jou om 'n nuwe geestelike lewe te bou op ou fondamente nie. Sy belofte is onvoorwaardelik: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hy nooi jou tot 'n nuwe lewe in sy krag, genade en liefde.

Preek - 21 Januarie - Ds. Eljam - Mense van die lig

Preek - Mense van die lig