Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
'N TWEEDE KANS
Openbaring
21:1-8
Toe
sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut” (Op
21:5) Indien jou geestelike lewe in 'n groef verval het en dit die vonkel kortkom
wat jy eenmaal beleef het, is dit tyd om volkome eerlik met jouself te wees.
Gewoonlik soek 'n mens die fout buite jouself en laat jy nie toe dat die
Heilige Gees jou help om binnetoe te kyk nie.
Jy kan probeer voorgee dat jy die noodsaak van 'n lewende geloof
ontgroei het en selfgenoegsaam is. Moontlik is jou vriende wêreldgesind en
probeer jy met hulle in pas wees. Of deur gebrek aan gebed en Bybelstudie het
jy toegelaat dat jou liefde, ywer en geloof afkoel.
Maar Christus se liefde vir jou het onveranderd gebly. Die Goddelike liefde
wissel nie met jou veranderende gemoedstemmings nie. Sy liefde is ewig. Wanneer
jy besef hoe ver jy van Hom weggedwaal het, is jy waarskynlik te skaam en
verleë weer na Hom toe te gaan. Moenie
verval in selfbejammering oor mislukkings van die verlede nie. Begin weer van
nuuts af.
Jesus
Christus vereis nie van jou om 'n nuwe geestelike lewe te bou op ou fondamente
nie. Sy belofte is onvoorwaardelik: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hy nooi jou tot 'n nuwe lewe in sy krag, genade en liefde.
No comments:
Post a Comment