Wednesday, 30 January 2019
Friday, 25 January 2019
Oordenking - Sonder U gaan ons nêrens nie!
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Sonder U gaan ons nêrens
nie!
Toe het die Here gevra: "Moet Ek self saamgaan en vir jou
vrede gee?" Toe het Moses vir Hom gesê: "As U nie self saamgaan nie,
moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. ... Dit is juis deurdat
U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die
ander volke op die aarde." Eksodus 33:14 -16
vrede gee?" Toe het Moses vir Hom gesê: "As U nie self saamgaan nie,
moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. ... Dit is juis deurdat
U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die
ander volke op die aarde." Eksodus 33:14 -16
Vir my
persoonlik is dit een van die mooiste stukkies kommunikasie tussen God en mens.
Dit speel af kort na die goue kalf-episode. Die atmosfeer is gelade. Senuwees
is rou. 'n Groot klomp mense het as gevolg van die volk se ongehoorsaamheid
gesterf. Die Here het besluit om nie verder met die volk saam te trek nie.
Sedert die uittog uit Egipte was dit die heel grootste krisis, en dit kon op 'n
totale rampspoed afstuur. Moses ontmoet die Here in die tent van ontmoeting ...
en hulle praat met mekaar soos vriende met mekaar praat (Eks 33:11).
Moses se antwoord op God se oordeel is voorbidding; hy
tree vir die volk in. Hy pleit vir die volk. En dan volg hierdie stukkie unieke
gesprek. Die Here vra vir Moses of Hy self moet saamtrek (waarteen Hy alreeds
vantevore besluit het!) Moses se antwoord is aangrypend mooi: As U nie self
saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Dit kom maar net
daarop neer dat hy nie bereid is om 'n voet te verroer sonder God se
teenwoordigheid nie. Ja, die volk het gesondig, maar hulle bly nog steeds God
se volk. God se teenwoordigheid maak die verskil tussen Israel en die
heidendom, tussen kerk en wêreld.
Is jy
anders as die res van die wêreld omdat jy in God se teenwoordigheid leef?
Thursday, 17 January 2019
Friday, 11 January 2019
Oordenking - Naby die Woord; ver van die Kwaad
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Naby die Woord; ver van
die Kwaad
Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie
dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie. Psalm 119:133
Hoe nodig het ons dit nie dat ons hierdie gebed in alle opregtheid sal bid nie!
As kind het iemand vir my 'n kaartjie gegee om voor in my Bybel te plak:
"Hierdie boek hou jou weg van die duiwel, of die duiwel hou jou weg van
hierdie boek." In die eenvoudige spreuk lê 'n tydlose waarheid opgesluit.
Daar is so baie dinge wat ons omgang met God se Woord blokkeer. Ek weet nie of
die duiwel altyd die skuld moet kry nie; hoe dikwels is dit sommer net my eie
luiheid of selfsugtige motiewe wat maak dat die Bybel stof vergaar nie.
Die beste raad is om by die eerste deel van die teksvers
te begin. Ten einde te sorg dat die Here se Woord my op die regte pad hou, moet
ek met die Woord besig bly, dit lees en oordink en in my elkedagse lewe toepas.
Die Here sal deur sy Woord aan die woord kom as ek vir Homn 'n spreekbeurt
toelaat. Ons maak so maklik tyd vir so baie ander sake op ons agenda. En ons
skeep ewe maklik ons stiltetyd af. Wil jy nie 'n slag ernstig bestek neem van
die tyd wat jy aan Bybelstudie en gebed afstaan nie? As jy jou padkaart en
navigator ken, sal jy nie anders kan as om op die regte pad te bly nie.
En
dan vir die tweede helfte van die teksvers. Die kwaad sal nie die oorhand kry
as ek dit met die Woord beveg nie. So het Jesus mos self vir ons geleer toe Hy
deur die duiwel versoek is.
Thursday, 10 January 2019
Subscribe to:
Posts (Atom)