Welkom by die Erediens
Ned Geref Kerk
Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 28 Februarie 2021
Sondag 28
Februarie 2021
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens- Ds E Vosloo “Die oordeel
uitgestel” Luk 23:33-38
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Geen Tee by die luik
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Belydenisgroep
18:30 Aanddiens - Ds H Roelofse “ Kyk gerus maar
op” Johannes 17:1
DAGBOEK VAN
NG-VYFHOEK
Maandag 1 Maart
17:15 Bybelstudie in die konsistorie
Woensdag 3 Maart
Bestellings sluit vir die kosverkoping
Donderdag 4 Maart
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms,
kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Vrydag 5 Maart
Die kosverkoping begin om 12:00—18:00
Sondag 7
Maart 2021
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens –Deurkollekte:Amelia
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Belydenisgroep
18:30 Aanddiens
Voorbidding
vir die volgende siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is
hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.
Ondersteuning is geweldig belangrik.
*Gerrie Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal, 082 553 3690
*Dirk Mc Inerny is
in Potch-Hospitaal, 076 806 9074
*Conrad en
Lucinda Verwey met hul vroeggebore tweeling, 082 257 0317
‘n Veilige en
spoedige herstel word aan julle toegewens.
Innige
Meegevoel
Aan Marie
Kleynhans en kinders, met die afsterwe van Hennie. Die roudiens het alreeds plaasgevind.
Teeskink
beurte
vir 2021
Daar is ongelukkig
geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is
die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Binnekort begin ons
weer met hierdie diens.
Indien jy
belangstel om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570
2332
Verjaarsdae:
1 Maart tot 6 Maart
1 Maart
Dirk Mc Inerny-076
806 9074
2 Maart
Martie Van Den
Bergh-078 175 5596
Zanté Verwey-066
479 9691
3 Maart
Danika Etsebeth-076
758 6715
4 Maart
Naas Gildenhuys-084
406 8968
Retha
Gildenhuys-074 516 5916
Stefan Klein-082
493 3717
5 Maart
Marthin Koch-083
291 4336
Frans Mitton-083
707 1227
Eljam Vosloo-081
039 3088
6 Maart
Megan Naude-072 297
1331
Diaan Viljoen-082
622 9097
Mag elkeen van
julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!
Neem
kennis…
Daar is ‘n
haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te
gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.
NG Vyfhoek
kommunikasie:
Dit is hoe ons
boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek
kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons
nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081 039
3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie
stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!
Neem
Kennis….
Weens soveel
veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die
kerk-kalender nie. Skool kwartale het
alreeds verander en ons werk gewoonlik
volgens die almanak. Lees asseblief
julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie
dankie
Ned
Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek
Leraars: Ds Eljam
Vosloo - 081 039 3088
Ds H Roelofse - 082 789 6855
Saakgelastigde: Heleen
Deysel 082 570 2332
Kantoorure: Vanaf
08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)
Kerkkantoor -(018) 290 5988
Rekening
besonderhede: NG Kerk Vyfhoek
ABSA
Rek no: 680 590 036
Verwysing: Jou naam
en wyk
Verkopings
2021
Groot onsekerheid
heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-
Pandemie. Daarom het ons dit goed gedink om weer met
die verkopings in die saal te begin. Dit
gaan soos volg werk: ons gee betyds deur
wat te koop is, en die bestellings moet die Woensdag voor die verkoping
om 12 uur deurgegee word. So kry ons
kans om aankope te doen en te beplan.
Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal
gekontak word. Die eerste verkoping vind op Vrydag 5 Maart plaas, en dit begin
om 12:00 - 18:00. Produkte wat te koop
is: Boeppensbroodjies (jaffles), bakkies basaarpoeding en
poedings asook terte. Kom
ondersteun ons asb.
Herkies as
Kerksraadlid
*Willie Venter
Neem Kennis…
Ons benodig nog die
hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse). Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr
10. Daar behoort 2 persone per graad te wees, ons het in sommige grade net 1
persoon. Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.