Friday, 26 February 2016

Oordenking - Jy kan vry wees

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

Jy kan werklik vry wees

"Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees." (Joh. 8:36)

As 'n Christen sy sonde bely, vergewe die Here hom en dan is hy volkome vry. Dis 'n wonderlike Bybelse waarheid wat ons elke Sondag in die ere­diens tydens die vryspraak hoor. Maar dit is nie waaroor ek wil hê dat ons vandag sal dink nie.

Ongelukkig het Christene ook somtyds dinge wat hulle nog steeds in 'n sekere sin bind. Dit het dikwels niks met sonde te make nie. Dit is din­ge soos humeurigheid, ongeduld of 'n vinnige humeur. "Ek is nou maar so gemaak en laat staan," het jy miskien ook al gesê. 'n Kind van God be­hoort nooit so te praat nie, want dan maak hy die ruimte wat die Here Je­sus vir horn kom skep het te klein.

Ons Meester het immers nie net gekom om vir ons sonde te betaal en ons daarvan vry te maak nie. Hy het gekom om ons hele lewe te verander. Jy self sukkel dalk al jare met van die dinge wat ek nou net genoem het, of dalk soortgelyke goed. Neem 'n slaggie jou lewe in oënskou. Wil jy regtig daarvan vry wees? Of aanvaar jy maar jou "siekte" soos die man by die bad van Betesda?


Lê dit dan vanmôre aan die voete van die Man van Nasaret, en begin hierdie dag as 'n werklike vry mens. Onthou: vryheid en blydskap, 'n glimlag en opgewondenheid is dinge wat ander mense beïnvloed. As jy in daardie vryheid begin lewe, sal jy vandag 'n soutpotjie in die gemeenskap wees; 'n stad op 'n berg en 'n lig vir die wêreld. Dis binne jou vermoë om vanaand op hierdie dag te kan terugkyk en te kan sê: "Ek laat vandag hier­die wêreld ‘n bietjie beter agter as wat ek vanmôre daarin begin het.

Oordenking - Jy kan verander

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

Jy kan verander

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom. 12:2)

'n Man het my nou die dag kom sien. Hy wil graag soos sy swaer wees. Hy vertel my dat sy swaer 'n voorbeeldige man is, hardwerkend en pligsge­trou. "Sy beste eienskap", sê my besoeker, "is dat 'n mens werklik die He­re Jesus in sy lewe kan sien." Hy vertel my toe hoe dikwels hy self al probeer het om soos sy swaer te wees, maar dit werk net nie.

Natuurlik sal dit nie werk nie. Só oppervlakkig is werklike verandering nie. Die verandering moet in 'n mens se hart plaasvind. Gelukkig weet ons almal dat 'n mens nie daardie verandering in eie krag teweeg kan bring nie.

Paulus gee goeie raad. Hy sê dat God 'n mens verander deur jou denke te vernuwe. Anders is dit maar net oppervlakkige nuwe gewoontes wat jy wil aanleer, en sal jy niks beter daaraan toe wees nie as die Jode wat met 'n goeie lewe God se guns probeer wen het.


Wat is die gewoontes, eienskappe in jouself, gedagtes en dade wat jy graag in jou eie lewe verander sou wou hê? Hoe dikwels het jy al probeer om dit self te verander? Mag ek jou vra: Het jy al ooit daarmee na die He­re toe gegaan? Dis alleen Hy wat jou hart en jou denke totaal kan omkeer en vernuwe! Dis eers wanneer 'n mens se binnekant anders begin lyk dat dit ook uiterlik begin sigbaar word. Die Here wil dit ook vir jou doen. Hy wil jou al meer gelykvormig aan sy beeld laat wees. Laat Hom toe om dit ook vir jou te doen.

Saturday, 20 February 2016

Basaar hulpvorm

NED GEREF GEMEENTE POTCHEFSTROOM-VYFHOEK
 


Waar gooi jy jou gewig in
by ons basaar op 4 Junie?

Naam en Van: __________________________________
Telefoon (H): ______________ (Sel): _______________

ONS BENODIG HELPERS                                                                þ

Ontbyt . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .   
Gereedmaak van kos                                                       o                            Opdiening                                                                                   o
Tuinkafee . . . . . . . . . . . . . . . . . .Opdiening                     o
           Verkope                                 o
                                                      Kelners                        o
Boereworsrolle en sosaties . . . .Opdiening                                o
          Verkope                       o
Groot koeke . . . . . . . . . . . . . . . .Bak                                          o
          Verkope                       o
Kleinkoekies . . . . . . . . . . . . . . . Bak                                           o
Verkope                                 o
Beskuit . . . . . . . . . . . . . . . . . . .    Bak                                        o
Verkope                                 o
Brood . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .    Bak                                         o
Verkope                                 o
Deli . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .    Maak Produkte                      o
Verkope                                 o
Poedings . . . . . . . . . . . . . . . . . . Maak van poedings                  o
                                                            Verkope                 o
Pannekoek    . . . . . . . . . . . . . . .   Bak                                         o
                                                            Verkope                 o
Kerrie en Rys . . . . . . . . . . . . . . .Verkope                                    o
Jaffels . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .   Maak van jaffels         o
                                                            Verkope                             o
Spiraal aartappels . . . . . . . . . . .Bak van aartappels       o
                                                            Verkope                             o
Handwerk . . . . . . . . . . . . . . . . .   Maak van items           o
                                                            Verkope                             o
Kindertafel . . . . . . . . . . . . . . . .    Maak van items           o
                                                            Verkope                             o
Kinderpark . . . . . . . . . . . . . . . . . Hulp by spele               o