Friday, 26 February 2016

Oordenking - Jy kan vry wees

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

Jy kan werklik vry wees

"Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees." (Joh. 8:36)

As 'n Christen sy sonde bely, vergewe die Here hom en dan is hy volkome vry. Dis 'n wonderlike Bybelse waarheid wat ons elke Sondag in die ere­diens tydens die vryspraak hoor. Maar dit is nie waaroor ek wil hê dat ons vandag sal dink nie.

Ongelukkig het Christene ook somtyds dinge wat hulle nog steeds in 'n sekere sin bind. Dit het dikwels niks met sonde te make nie. Dit is din­ge soos humeurigheid, ongeduld of 'n vinnige humeur. "Ek is nou maar so gemaak en laat staan," het jy miskien ook al gesê. 'n Kind van God be­hoort nooit so te praat nie, want dan maak hy die ruimte wat die Here Je­sus vir horn kom skep het te klein.

Ons Meester het immers nie net gekom om vir ons sonde te betaal en ons daarvan vry te maak nie. Hy het gekom om ons hele lewe te verander. Jy self sukkel dalk al jare met van die dinge wat ek nou net genoem het, of dalk soortgelyke goed. Neem 'n slaggie jou lewe in oënskou. Wil jy regtig daarvan vry wees? Of aanvaar jy maar jou "siekte" soos die man by die bad van Betesda?


Lê dit dan vanmôre aan die voete van die Man van Nasaret, en begin hierdie dag as 'n werklike vry mens. Onthou: vryheid en blydskap, 'n glimlag en opgewondenheid is dinge wat ander mense beïnvloed. As jy in daardie vryheid begin lewe, sal jy vandag 'n soutpotjie in die gemeenskap wees; 'n stad op 'n berg en 'n lig vir die wêreld. Dis binne jou vermoë om vanaand op hierdie dag te kan terugkyk en te kan sê: "Ek laat vandag hier­die wêreld ‘n bietjie beter agter as wat ek vanmôre daarin begin het.

No comments:

Post a Comment