Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
As jy ‘n dierbare verloor het
Die koning het ontroerd geraak en in die kamer bokant
die poort opgeklim. Daar het hy heen en weer geloop en gesê: “My seun Absalom,
my seun, my seun, ag as ek maar in jou plek kon gesterwe het. Absalom, my seun,
my seun.." (Job 30:15, 16)
Alhoewel Dawid eintlik
verlig moes gewees het oor die dood van hierdie seun wat hom wou doodmaak,
oorweldig die smart hom wanneer hy van Absalom se dood hoor. Hy is so hartseer hieroor
dat hy selfs in die plek van sy seun sou wou sterf.
Wanneer ‘n mens iemand
verloor wat vir jou baie kosbaar is, veroorsaak dit ‘n totale omwenteling in
jou lewe. “Mens kan nooit die dood van jou kind verwerk nie,” vertel een
van my vriende wat sy enigste seun in ‘n
fratsongeluk verloor het. “Dit bly elke dag vir jou ‘n nuwe verskrikking.”
As jy in so ‘n
krisissituasie is, moet jy besef dat jy vir God broodnodig het. God is altyd
daar wanneer jou pyn te veel word. Hy wil graag vir jou ‘n trooster wees. Maar
jy het ook ander mense in jou lewe nodig. Mense wat jou kan bemoedig, en mense
teenoor wie jy kan uitpraat, want die beste medisyne vir jou verlies is juis om
te praat oor die persoon wat jy verloor het. Eers wanneer jy jou seerkry in
woorde omgesit het, sal jy kan begin om daardie verlies te verwerk en
uiteindelik te aanvaar. Die aanvaar van die onomstootlike van wat gebeur
het, is die begin van die troos.
No comments:
Post a Comment