Friday, 27 July 2018

Oordenking - Met Christus die toekoms in


Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.

MET CHRISTUS DIE TOEKOMS IN

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid (Heb 13:8)

Die onveranderlike Christus bring stabiliteit in die lewe van sy kinders. Dit gebeur selde dat die lewe glad en sonder probleme verloop. Soms gaan alles goed; dan skielik, sonder enige verklaarbare rede, duik pro­bleme op. Die een oomblik ry jy op die hoogtes van uitbundige blydskap en net die volgende oomblik strompel jy deur die donker vallei van wanhoop.

Jy fluktueer gedurig tussen die pole van hoop en wanhoop; van vreugde en droefheid. Daarom het jy 'n stabiliserende invloed in jou lewe nodig — die lewende Christus.

Christus is ewig en Hy verander nooit nie. Al is 'n mens temperamen­teel en al wissel jou gevoelens volgens die omstandighede waarin jy verkeer, ondervind jy 'n ongekende standvastigheid as Christus die Ko­ning en Here van jou lewe is en sy Heilige Gees in jou woon.

Jy word nie meer deur elke stormwind rondgeslinger nie. Daarmee saam kom 'n lewensvreugde so groot dat dit nie onder woorde gebring kan word nie. Aan sy liefdevolle hand gaan jy die toekoms moedig en selfversekerd tegemoet.

No comments:

Post a Comment