Friday, 11 December 2020

Nuusbrief 13 Desember

 

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 13 Desember 2020

 

2020

God sorg en gee om

 

Ons gebede sou die naaste aan Jesus se Ons Vader-gebed gewees het as ons nie net sou vra doen asseblief dit of doen dat nie, maar as ons sou bid dat ons net getrou aan Hom mag bly, al gebeur wat ook al.            

           

Sondag 13 Desember 2020

 

08:00  Geen Mannebiduur. Derde Advent Sondag

 

09:30  Erediens - Ds E Vosloo. “Metamorfose” Rom 12:1-2

 

10:30  Geen Tee by die luik

 

18:30  Geen Aanddiens


Baie dankie…

Vir elke lidmaat se bydrae om 2020, wat maar lekker deurmekaar was, tog op ‘n positiewe noot te kon laat afsluit.

Ons het nog nooit vantevore sulke omstandighede gehad nie, die kerk was gesluit vir maande, ons kon nie Basaar hou nie, die Goue-Oue se funksie is afgestel, maar nog steeds gaan dit goed.

Jonger mense het verkies om met hulle kinders tuis te bly, ons het hulle gesiggies gemis Sondae, en daar was geen Kategese gewees nie.

Kom ons hoop en vertrou dat 2021 ‘n wonderlike geseënde jaar gaan wees. Seënwense!


Sondag 20 Desember 2020

09:30  Erediens - Vierde Advent Sondag         

18:00  GeenAanddiens

 

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes.  Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Corné Verwey (seuntjie van Corné en Zandalee) 3 jaar oud, het  ‘n opehart

  operasie ondergaan, 066 479 9691

*Rina Taggart is in Klerksdorp in ‘n hospitaal, 083 489 2579

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

 

Teeskink beurte vir 2020

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.

Volgende jaar begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

 

Verjaarsdae: 13 Desember - 31 Desember

13 Desember

Celeste Botha

14 Desember

Tersia Britz

Elize Engelbrecht

Maritza Etsebeth

Sollie Solomon

Ina Theart

Herme Van Der Walt

15 Desember

Ronel Alberts

Lilah Barnard

Christo Eloff

Corne Verwey

Ria Vorster

Sophia Willemse

16 Desember

Tiaan Koch

17 Desember

Christo Eicker

Martin Krogman

Johan Meyer

Hester Steyn

20 Desember

AJ Botha

JD Fourie-

Hansie Roelofse

Elize Van Der Merwe

21 Desember

Kierre Joubert

22 Desember

Hanlie Du Toit

Tienie Jonker

23 Desember

Annemarie Du Toit

Piet Kotze

Esmé Steyn

24 Desember

Adriaan Botha

25 Desember

Jacques Du Plessis

Marius Lesch

26 Desember

Babs Giessing-

27 Desember

Hannelie Taggart

Elmarie Warren

29 Desember

Poy Kirstein

31 Desember

Peter Moodie


Gesoek….

‘n Tuinwoonstel vir jong getroudes vanaf Desembermaand.

Maksimum bedrag huur wat bekostig kan word is R4000.

Kontak vir Christi indien jy dalk kan help by 079 879 7334.

 

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.

 

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

 

Vir kennisname…

*Die kantoor sluit soos elke ander jaar op 15 Desember.

*Dit open vroeg in die nuwe jaar, maar ek is met verlof. Ons sal laat weet wanneer die kantoor in volle werking is.

*Ds H Roelofse is tans met verlof.

*Sodra hy terug is, sal Ds E Vosloo vertrek, dit sal deurgegee word.

*Indien daar enige siekte of afsterwe gebeur gedurende hierdie tyd, gee dit deur aan Ds Eljam, 081 039 3088 of aan my 082 570 2332.

*Onthou die diens op Kersdag om 08:00 en die diens op 31 Desember om 23:15.

*Seënwense aan elke gesin in hierdie gemeente, geniet die tyd saam met julle geliefdes, en bly veilig.

 

No comments:

Post a Comment