Welkom by die Erediens
Ned Geref Kerk
Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 6 Desember 2020
God sorg en
gee om
God se wil is dat ons elke dag op Hom en sy krag
sal vertrou; dat ons Hom op die golwe van ons lewe sal sien loop– al is die kus
nêrens in sig nie en al het jy geen sukses met dit waarmee jy besig is
nie. Sy wil vir ons is die sekerheid dat
alles reg is omdat Hy reg langs ons is.
Sondag 6 Desember 2020
08:00 Geen Mannebiduur
Tweede Advent Sondag
09:30 Erediens - Ds E Vosloo “Die Christelike
wedloop”
Fil 3:1-16
10:30 Geen Tee by die luik
18:30 Geen Aanddiens
DAGBOEK VAN
NG-VYFHOEK
Maandag 7 Desember
Bybelstudie afsluiting
Donderdag 10
Desember
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Neem Kennis…..
Plaasbidure hervat
eers weer in 2021
09:30 Erediens
18:00 Aanddiens
Voorbidding
vir die volgende siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is
hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.
Ondersteuning is
geweldig belangrik.
*Corné Verwey (seuntjie
van Corné en Zandalee) 3 jaar oud, het Dinsdag ‘n opehart operasie ondergaan
‘n Veilige en
spoedige herstel word aan julle toegewens.
Teeskink beurte vir 2020
Daar is ongelukkig
geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is
die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Volgende jaar begin
ons weer met hierdie diens.
Indien jy
belangstel om daarmee te help, kontak met
jou naam, ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570
2332
Verjaarsdae:
6 Desember - 12 Desember
6 Desember
Reon De Villers
7 Desember
Sulize Koch
Gert Ungerer
8 Desember
Carla Fourie
Louise Frylinck
Theresa Strydom
9 Desember
Herman
Gildenhuys
Annemarie Van
Jaarsveld
10 Desember
Marilette
Myburgh
11 Desember
Simoné Visser
12 Desember
Lezyda Venter
Celeste Botha
Mag elkeen van
julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!
Gesoek….
‘n Tuinwoonstel vir
jong getroudes vanaf Desembermaand.
Maksimum bedrag huur wat bekostig kan word is R4000.
Kontak vir Christi
indien jy dalk kan help by 079 879 7334.
Neem
kennis…
Daar is ‘n
haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te
gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783
NG Vyfhoek
kommunikasie:
Dit is hoe ons
boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die
boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om
die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082
570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die
gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie
deur nie!
Neem kennis
*Alle Kategese het vir die jaar tot
stilstand gekom.
*Die Belydenisaflegging het alreeds
plaasgevind
*Erediens van die
Goue-Oues het alreeds plaasgevind
*Kerssangdiens, ‘n groot hoogtepunt is afgehandel
Neem
Kennis…
Die troosdiens van Fanie
van Heerden vind plaas op Sondag 6 Desember om 12 uur.
Tiendemaand
Barometer
Begroot
2020
R120
000
Ontvang
2020
R122
135
My
Tiende … in die Tiende maand
Die
Kerkraad het ‘n besluit geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging
aan te wend om die gemeente se finansiële posisie te verbeter.
Ons
kan met groot vreugde aankondig dat hierdie jaar se begroting syfer in net twee
maande bereik is.
Weereens
het ons gevra en julle het gedeel, genadegawes.
Baie
dankie vir almal se ongelooflike samewerking. Seënwense...
Vir
kennisname…
*Die kantoor sluit
soos elke ander jaar op 15 Desember.
*Dit open vroeg in
die nuwe jaar, maar ek is met verlof. Ons sal laat weet
wanneer die kantoor in volle werking is.
*Ds H Roelofse gaan
komende week met verlof.
*Sodra hy terug is,
sal Ds E Vosloo vertrek, dit sal deurgegee word.
*Indien daar enige
siekte of afsterwe gebeur gedurende hierdie tyd, gee dit deur aan Ds Eljam, 081
039 3088 of aan my 082 570 2332.
*Onthou die diens
op Kersdag om 08:00 en die diens op 31 Desember om 23:15
No comments:
Post a Comment