Friday, 19 August 2016

Oordenking - God is in beheer

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

GOD IS IN BEHEER

Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here. (les. 33:6)

Wat sal jy doen as jou vierjarige spruit die nag deurhuil omdat hy bang is dat julle volgende week nie genoeg kos sal hĂȘ om te eet nie? Sekerlik half lag kry vir die lawwe klein patroon, maar hom ook verseker dat sy vrese ongegrond is. En tog, is dit nie presies wat ons doen wanneer ons so gespanne is oor die toekoms van ons land nie?

Daar heers op die oomblik 'n gees van ongekende angs en onsekerheid in Suid-Afrika. Selfs Christene is pessimisties oor wat in die toekoms vir ons voorlĂȘ. En dit is so onnodig. Die meeste van ons is gespanne oor die heersende geweld en onrus — alhoewel ons goed weet dat God in beheer is.

Dit is waar dat jy nie weet wat vir jou in die toekoms wag nie. Jou ergste vrese mag selfs bewaarheid word. Maar as jy aan God behoort hoef jy nie bang te wees nie. As jy gewillig is om in Hom te bly glo, om elke dag meer afhanklik van Hom te lewe, sal jy ontdek dat Hy vir jou nie net in die toekoms sal onderneem nie, maar ook jou huidige angs en depressie sal wegneem.


Net soos in die tyd toe Jesaja geleef het, is God vandag nog die enigste Een op wie ons kan vertrou. God wil vandag vir jou sy kennis en wysheid kom aanbied, sodat jy probleemsituasies wat in die toekoms op jou mag wag met sy hulp sal kan hanteer. Maar daar is 'n voorwaarde aan hierdie hulp verbonde: op jou beurt moet jy onderneem om Hom getrou te dien. Is jy bereid daartoe?

No comments:

Post a Comment