Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus
hierdie oordenking.
'N ONFEILBARE LEWENSPLAN
Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou
voornemens geluk
(Spr 16:3)
Hy wat misluk in sy beplanning, beplan sy eie mislukking. Elke mens
moet 'n plan hê waarvolgens hy sy lewe aanpak. Só 'n lewensplan hoef nie
onbuigbaar te wees nie, maar dit moet die rigting aandui waarin jy beweeg.
Daarsonder is jou lewe doelloos en onbevredigend.
Dit mag wees dat jy onbekwaam voel om jou toekoms te beplan en dan
aanvaar jy dinge maar soos hulle kom. Om met omstandighede en gebeurtenisse
saam te dryf in die hoop dat jy sukses sal bereik, lei alleen tot ongeluk. En
jy behaal ook nie oornag sukses nie. Nee, die hysbak na sukses is buite werking
— jy moet die trappe gebruik.
Om konstruktief te beplan, moet jy dit in samewerking met God doen.
Maak seker dat alles wat jy beplan aan die Here se vereistes voldoen en dat jy
jou deur die Heilige Gees laat lei. Dan kan jy met vrymoedigheid God se seën
vra op jou voornemens. Met God se samewerking kan jy jou planne uitvoer en
sukses behaal.
No comments:
Post a Comment