Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
ONTVLUGTING OF GELOOF
Ek het gedink: ag, as ek maar vlerke soos 'n duif gehad het, sou ek
wegvlieg en 'n woonplek soek (Ps 55:7)
Laat jou sorge aan
die Here oor, Hy sal vir jou sorg (Ps 55:23)
In hierdie psalm noem die digter twee maniere waarop 'n mens jou
probleme kan hanteer. Die wegvliegmetode: om weg te hardloop van jou probleme,
of die geloofmetode: om jou probleme onder oë te sien en op die Here te vertrou
om jou te help om dit te oorkom.
Jona het probeer wegvlug, maar hom daardeur 'n hele boel ander probleme
op die hals gehaal.
Toe Jona egter die weg van geloof volg, het hy uitgevind dat die Here
vir hom onderneem op maniere waarvan hy nie eens kon droom nie. Hy het daarmee
'n belangrike lewensles geleer: dat die wat hulle sorge aan die Here oorlaat,
hul probleme kan oorkom.
No comments:
Post a Comment