Thursday, 29 March 2018
Friday, 23 March 2018
Oordenking - Prediker van inkeer en bekering
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
Prediker van inkeer en
bekering
Ek
het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe
deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle
tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle
bewys met dade wat by die bekering pas. Handelinge 26:20
deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle
tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle
bewys met dade wat by die bekering pas. Handelinge 26:20
Paulus se Damaskus-ervaring het sy lewe op 'n nuwe koers
geplaas. In plaas van vervolger het hy nou 'n voorloper in die evangeliebediening
geword. 'n Mens kan verstaan presies hoe ontnugter en selfs ongelowig die
Christene was toe hulle van Paulus se bekering gehoor het. Sê nou dis alles net
'n truuk om toegang tot die Christene se binnekring te kry? Ons is ook maar so.
Ons vertrou nie altyd die vrede as ons hoor van 'n uitvaagsel wat tot bekering
kom nie. Is dit nie maar sommer net praatjies nie? So asof God nie regtig mense
se lewens handomkeer kan verander nie!
Maar
by Paulus gaan dit toe nog veel verder as net 'n bekering; hy word 'n apostel,
'n wêreldsendeling by uitnemendheid. En waar het hy begin? Sommer by die
wegspringplek, Damaskus. Toe in Jerusalem waar die destydse kerk gesetel was,
voorts in Judea onder die Jode en daarna het die wêreld sy gemeente geword.
Wat preek
Paulus? Hy roep mense op om tot inkeer te kom en hulle tot God te bekeer. Dit
is en bly mos maar die enigste roete na 'n nuwe lewe. So het Paulus mos self op
'n wonderbaarlike manier ontdek. Maar dan voeg hy nog iets by: Dra vrugte wat
by die bekering pas. Laat jou lewenswandel bewys lewer van die feit dat jy jou
tot God bekeer het.
Friday, 16 March 2018
Oordenking - Wanneer Jesus vir jou bid
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Wanneer Jesus vir jou bid
Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie
begewe nie. As jy weer
tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk. Lukas 22:32
tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk. Lukas 22:32
Jesus was voorbedag daarop dat Petrus Hom sou verloën.
Petrus egter nie. Vir Petrus was dit ondenkbaar dat by ooit sy rug op sy
Meester sou draai. Petrus was uiteraard taamlik selfversekerd. En hy luister
nie wat Jesus sê nie. Hy hoor net wat hy nie wil hoor nie, naamlik dat hy vir
Jesus sal verraai. Hy hoor nie dat Jesus alreeds vir hom by sy Vader ingetree
het nie.
Wat bid Jesus? Heel eerste dat Petrus se geloof hom
nie sal begewe nie. Sodra 'n mens in 'n krisis beland, kom jou geloof op die
spel. En watter geweldige krisis was dit nie vir Petrus nie. Watter yslike
beklemming moes hom nie beetgepak het toe hy willens en wetens sy Meester verloën
het nie.
Het Petrus se geloof hom
toe geheel en al begewe? Nee. Want toe hy vir Jesus sien, het hy in trane
uitgebars. Sy hartseer oor sy misdryf was niks anders as 'n geloofsbelydenis
nie. Ek dink nie Petrus het in sy hele lewe ooit so swak en eensaam gevoel as
op daardie moment toe hy vir Jesus in die oë gekyk het nie. Maar dit was ook
die oomblik van die wete dat hy in daardie Man glo. As 'n mens oor jou sonde
huil, is jou trane die groeikrag vir geloof.
Jesus bid verder dat wanneer Petrus tot inkeer kom,
hy die ander broers sal versterk. En dit het hy inderdaad gedoen. Iemand wat
deur 'n krisis getemper is, weet hoe om met ander medelye te hê, en hulle te
versterk.
Friday, 9 March 2018
Oordenking - Die Vaderhuis
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Die Vaderhuis
Toe
kom hy tot inkeer en sê: "My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle
het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger." Lukas
15:17
Die gevaar bestaan dat 'n mens die gelykenis
van die verlore seun kan oorvereenvoudig. Dit word 'n verhoogstuk waar jy maar
net 'n toeskouer is. Jy is verstom oor so 'n arrogante klein nikswerd wat sy pa
se goeie bedoelings vertrap. Jy gril behoorlik wanneer hy hom met prostitute en
drinkebroers ophou. En miskien verlekker jy jou oor sy uiteindelike lot wanneer
hy tussen die varke beland. Dit bly 'n ander man se storie. En dan het die
storie vir jou heeltemal betekenisloos geraak. Die storie kry eers waarde
wanneer jy een van die karakters word. En wanneer jy ontdek dat die vaderhuis
en die ver land een en dieselfde plek kan wees, en om die waarheid te sê,
meesal dan ook so is.
In die storie gaan dit oor 'n innerlike
ingesteldheid en die wyse waarop dit in verhoudings uitdrukking vind. 'n Mens
kan binne die veilige grense van die vaderhuis 'n verlore kind wees. As jy met
selfsugtige verwagtinge leef, gedurig soek na bevrediging van natuurlike
drange, niks vir die mense naaste aan jou omgee nie - dan is jy klaar in 'n ver
land. Dit gaan dus nie oor die regte plek nie, maar oor die regte gesindheid.
En ten diepste gaan dit oor liefde vir die vader en nie oor die vader se
bankrekening nie.
Daar is so baie kerkmense wat lank nie meer
tuis voel in die vaderhuis nie. Nog steeds kerkgangers, maar lankal uit pas met
hulle Hemelse Vader. Prostitute is waarskynlik nie hulle probleem nie, maar 'n
gebrek aan 'n innige gemeenskap met die Vader.
Wednesday, 7 March 2018
Friday, 2 March 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)