Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Wanneer Jesus vir jou bid
Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie
begewe nie. As jy weer
tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk. Lukas 22:32
tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk. Lukas 22:32
Jesus was voorbedag daarop dat Petrus Hom sou verloën.
Petrus egter nie. Vir Petrus was dit ondenkbaar dat by ooit sy rug op sy
Meester sou draai. Petrus was uiteraard taamlik selfversekerd. En hy luister
nie wat Jesus sê nie. Hy hoor net wat hy nie wil hoor nie, naamlik dat hy vir
Jesus sal verraai. Hy hoor nie dat Jesus alreeds vir hom by sy Vader ingetree
het nie.
Wat bid Jesus? Heel eerste dat Petrus se geloof hom
nie sal begewe nie. Sodra 'n mens in 'n krisis beland, kom jou geloof op die
spel. En watter geweldige krisis was dit nie vir Petrus nie. Watter yslike
beklemming moes hom nie beetgepak het toe hy willens en wetens sy Meester verloën
het nie.
Het Petrus se geloof hom
toe geheel en al begewe? Nee. Want toe hy vir Jesus sien, het hy in trane
uitgebars. Sy hartseer oor sy misdryf was niks anders as 'n geloofsbelydenis
nie. Ek dink nie Petrus het in sy hele lewe ooit so swak en eensaam gevoel as
op daardie moment toe hy vir Jesus in die oë gekyk het nie. Maar dit was ook
die oomblik van die wete dat hy in daardie Man glo. As 'n mens oor jou sonde
huil, is jou trane die groeikrag vir geloof.
Jesus bid verder dat wanneer Petrus tot inkeer kom,
hy die ander broers sal versterk. En dit het hy inderdaad gedoen. Iemand wat
deur 'n krisis getemper is, weet hoe om met ander medelye te hê, en hulle te
versterk.
No comments:
Post a Comment