Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Geestelike ondervoeding
Wat help dit 'n mens as hy die wêreld as wins
verkry, maar homself verloor of te
gronde gaan (Luk 9:25)
Elke mens wil graag iets met sy lewe bereik; hy wil die
bevrediging smaak dat hy nie verniet gelewe het nie. Daarom stel hy vir homself
doelwitte en werk met die inset van al sy kragte vir die verwesenliking van dit wat hy as essensieel vir sy sukses
beskou.
Hy versamel alles wat geld en sosiale prestige hom kan
bied: 'n steeds groeiende inkomste verhoog sy gevoel van sekuriteit; vriende
wat hom kan help om sy doelstellings te bereik en aan hom toegang verleen tot
die regte sosiale kringe, word vir hom steeds belangriker.
Desnieteenstaande gebeur dit so dikwels dat mense wat
alles bereik het en oorlaai is met die goeie dinge wat die lewe kan bied, nog
onvergenoegd is. Hulle word toenemend bewus daarvan dat hulle iewers iets van kardinale belang misgeloop het.
Wanneer besittings en alles waarvoor materialisme staan,
vir 'n mens belangriker geword het as God; wanneer stoflike dinge vir jou
belangriker geword het as geestelike waardes; wanneer 'n balansstaat belangriker
is as integriteit en eerlikheid; dan ly jy aan geestelike ondervoeding.
Geen
mens wat God uit sy lewe weglaat, kan waarlik suksesvol wees nie. Maar as jy
geestelik ook groei tot volwassenheid in Christus, leer ken jy die ware betekenis en doel van die lewe.
Dankie, Here Jesus, dat U dit moontlik gemaak het dat u Heilige
Gees sin en betekenis aan my lewe gee en my die vermoë gee om die dinge te
onderskei dit werklik aankom.
No comments:
Post a Comment