Monday, 25 March 2019
Friday, 15 March 2019
Oordenking - 'n Dinamiese Innerlike Kragbron
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus
hierdie oordenking.
‘n
Dinamiese Innerlike Kragbron
Sy Goddelike
krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien (2 Pet 1:3)
Elke mens het
'n bron van inspirasie nodig wat sy lewe sal ophelder en aan hom krag en
besieling sal gee wanneer terneergedruktheid oor hom toesak.Hierdie bron
verskil van mens tot mens. Vir sommige lê dit in kuns en musiek; vir ander in
die skoonheid van die skepping; vir nog ander in diens aan die samelewing.
Dit is goed om
'n plek, 'n persoon, 'n fontein te hê wat jou kan versterk in tye van
geestelike behoefte. God het deur Jesus Christus aan ons die Heilige Gees gegee
om vir ons 'n kragbron te wees.
Die Geesvervulde kind van God ontdek spoedig dat dit 'n onoortreflike
kragbron is. Ware besieling en inspirasie begin met jou kennismaking met Jesus
Christus, wat die volmaakte oorsprong is van alle innerlike krag. Wanneer jy
Horn ken en liefhet, begin jy in gees en waarheid aanbid en jou lewe word 'n
loflied tot sy eer.
Jou geloof in Jesus en jou liefde vir Hom word steeds deur die vlam van
die Heilige Gees gevoed. Dit is die fondament waarop jou geloofslewe gebou is
en die oorsprong van jou innerlike krag. Hiervandaan vloei sy krag en liefde na
elke terrein van jou lewe.
In oomblikke
wanneer jy swaarkry, sal die Heilige Gees jou leiding, nuwe hoop en moed skenk
vir elke dag.
O Heilige Gees, vervul my hart met die krag van omhoog sodat ek in
geloof en liefde vir God mag leef in hierdie wêreld.
Thursday, 14 March 2019
Friday, 8 March 2019
Oordenking - God van hoop
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees
gerus hierdie oordenking.
GOD VAN HOOP
Ek is daarvan oortuig
dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat
God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Rom 8:18)
Dit is heel natuurlik
dat daar droefheid sal wees wanneer die dood 'n familiekring binnedring. Dit is
eg menslik om jou eie hartstogtelik lief te hê en met pyn verlies te ervaar.
Tennyson sê tereg: "But o for the touch of a vanish'd hand, and the sound
of a voice that is still!"
Dit is die genadegawe
van hoop in jou hart wat op so 'n dag jou vrees in vertroue, jou droefheid in
stille vreugde, jou twyfel in sekerheid en jou eensaamheid in heilige
geloofsgemeenskap omskep. "Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander
mense wat geen hoop het nie" (1 Tess 4:13). Hoop is daardie verwagting wat
ons hart met blydskap vul. Dit is die Christen se onwrikbare vertroue in die
ewige goedheid van God. Hoop is een van die drie onsterflikes, met geloof aan
die linkerkant en liefde aan die regterkant (1 Kor 13:13).
Geloof is leeg en liefde betekenisloos sonder
hoop. Dit is die anker waaraan jy kan vashou in enige storm (Heb 6:19).
Hoop gee aan jou 'n onoorwinlike gees.
Wanneer hoop lewe, lewe alle dinge. Hoop sê vir jou dat hierdie lewe slegs die
voorwoord is tot die opwindende boek van die ewige lewe.
As die wêreld vra: "Is jy bang?",
dan antwoord hoop: "Nee! want my Here is daar!"
Ewige God, van wie ek
kom en tot wie ek terugkeer, dankie vir u Woord wat altyd nuwe hoop bring
wanneer storms my bedreig. Versterk my daagliks in die onblusbare hoop wat die
erfdeel van u kinders is.
Tuesday, 5 March 2019
Friday, 1 March 2019
Oordenking - Leef een dag op 'n slag
Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus
hierdie oordenking.
Leef
een dag op ‘n slag
Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom (Ps 90:12)
Gister is 'n herinnering wat ons nooit weer kan terugbring nie; môre is
'n belofte waarvan ons die inhoud nie ken nie. Al wat ons wesenlik besit is vandag.
Oor gister mag ons ons nie bekommer nie. Ons moet
saam met Paulus die dinge wat agter is, vergeet. Gister met sy foute en
bekommernisse, sy mislukkings en teleurstellings, sy droefheid en smart, hoort
nou eenmaal tot die verlede. Dit is vir ewig verby. Om te probeer om in die
verlede te lewe is selfvernietigende dwaasheid.
Oor môre mag ons ons ook nie bekommer nie. Môre is
in die hand van God. Daar is miskien laste, beproewings, droefheid en pyn, maar
wanneer die tyd kom, sal God ons die krag gee om dit te hanteer. Môre sal die
son in glorie verrys — al is dit half verskuil agter onheilswolke. Totdat dit
gebeur, het ons geen reg daarop nie, want dit is ongebore.
Vandag is al wat oorbly. Geen mens kan meer as een
dag op 'n slag hanteer nie. Dit is nie die ervarings van vandag wat mense knak
nie: dit is die selfverwyt en berou, die bitterheid van dinge wat gister gebeur
het of die vrees vir môre wat ons verrinneweer. Wanneer ons die ondraaglike
laste van gister en môre by vandag voeg, vou ons dubbel onder die juk.
Skenk my u genade, o Here, net vir vandag. Ek begeer nie om verder te
sien nie — tree vir tree wil ek op die pad gaan wat U vir my berei het.
Subscribe to:
Posts (Atom)