Friday, 15 March 2019

Oordenking - 'n Dinamiese Innerlike Kragbron


Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

‘n Dinamiese Innerlike Kragbron

Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien (2 Pet 1:3)

Elke mens het 'n bron van inspirasie nodig wat sy lewe sal ophelder en aan hom krag en besieling sal gee wanneer terneergedruktheid oor hom toesak.Hierdie bron verskil van mens tot mens. Vir sommige lê dit in kuns en musiek; vir ander in die skoonheid van die skepping; vir nog ander in diens aan die samelewing.

Dit is goed om 'n plek, 'n persoon, 'n fontein te hê wat jou kan ver­sterk in tye van geestelike behoefte. God het deur Jesus Christus aan ons die Heilige Gees gegee om vir ons 'n kragbron te wees.

Die Geesvervulde kind van God ontdek spoedig dat dit 'n onoortref­like kragbron is. Ware besieling en inspirasie begin met jou kennisma­king met Jesus Christus, wat die volmaakte oorsprong is van alle innerlike krag. Wanneer jy Horn ken en liefhet, begin jy in gees en waarheid aanbid en jou lewe word 'n loflied tot sy eer.

Jou geloof in Jesus en jou liefde vir Hom word steeds deur die vlam van die Heilige Gees gevoed. Dit is die fondament waarop jou geloofs­lewe gebou is en die oorsprong van jou innerlike krag. Hiervandaan vloei sy krag en liefde na elke terrein van jou lewe.

In oomblikke wanneer jy swaarkry, sal die Heilige Gees jou leiding, nuwe hoop en moed skenk vir elke dag.

O Heilige Gees, vervul my hart met die krag van omhoog sodat ek in geloof en liefde vir God mag leef in hierdie wêreld.

No comments:

Post a Comment