Welkom by die Erediens
Ned Geref Kerk
Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 29 November 2020
2020
God sorg en
gee om
Gee gerus saans voor jy gaan slaap jou
bekommernisse van die dag aan God oor– Hy gaan tog die hele nag wakker wees!
Sondag 29 November 2020
08:00 Mannebiduur
09:30 Doopdiens - Ds E Vosloo “Die wonder–
God word mens” Fil 2:5-11 en Gal 4:19
10:30 Geen Tee by die luik
18:30 Aanddiens - Ds H Roelofse “Die Here is naby
”
Psalm 34:1-11
DAGBOEK VAN
NG-VYFHOEK
Maandag 30 November
17:15 Bybelstudie in die konsistorie
Donderdag 3
Desember
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms,
kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Neem Kennis…..
Plaasbidure hervat
eers weer in 2021
Sondag 6
Desember 2020
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens
18:00 Aanddiens
Voorbidding
vir die volgende siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy
is.
Ondersteuning is geweldig belangrik.
*Corné Verwey (seuntjie
van Corné en Zandalee) 3 jaar oud, gaan Dinsdag ‘n opehart operasie ondergaan
*Steyn Kleynhans
sterk tuis aan na ‘n hartomleiding
*Pietman van der
Merwe is tuis na ‘n groot operasie
*Tersia Britz
is tuis na ‘n rugoperasie
‘n Veilige en
spoedige herstel word aan julle toegewens.
Innige
Meegevoel…
Aan Lynette Van
der Merwe met die afsterwe van Fanie Van Heerden na ‘n pad van
kankerbehandeling.
Krag word julle
gesin toegebid.
Gelukwense
aan…
Alex en Charmaine
Munro en ouboet Gordon
met die doop van Alistair.
Ook aan Oupa Robbie
en Ouma Wilma Cooper, mag julle almal net vreugde ontvang van die kleinding.
Teeskink
beurte vir 2020
Daar is ongelukkig
geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is
die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Volgende jaar begin
ons weer met hierdie diens.
Indien jy
belangstel om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570
2332
Verjaarsdae:
30 November - 5 Desember
30 November
Reynier Jacobs
Janné Van Der
Merwe
Corné Verwey
1 Desember
Zandalee Verwey
2 Desember
Rianca Kruis
4 Desember
Chanel Greeff
Stephnie Kruger
Johan Smit
5 Desember
Anita Marais
Mag elkeen van
julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!
Gesoek….
‘n Tuinwoonstel vir
jong getroudes vanaf Desembermaand.
Maksimum bedrag huur wat bekostig kan word is R4000.
Kontak vir Christi
indien jy dalk kan help by 079 879 7334.
Neem
kennis…
Daar is ‘n
haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te
gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.
NG Vyfhoek
kommunikasie:
Dit is hoe ons
boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die
boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om
die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081
039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers
nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!
Neem kennis
*Alle Kategese het vir die jaar tot
stilstand gekom.
Dit behels die Kleuterkerk ook
(Volgens beplanning begin ons weer in 2021)
*Die Belydenisaflegging het alreeds
plaasgevind
*Daar gaan hierdie jaar geen Kategese
afsluiting in die saal plaasvind nie
*Erediens van die
Goue-Oues het alreeds plaasgevind
*Kerssangdiens, ‘n groot hoogtepunt is afgehandel
Tiendemaand Barometer
Begroot
2020
R120 000
Ontvang
2020
R122 135
My
Tiende …
in
die Tiende maand
Die
Kerkraad het ‘n besluit geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging
aan te wend om die gemeente se finansiële posisie te verbeter.
Ons
kan met groot vreugde aankondig dat hierdie jaar se begroting syfer in net twee
maande bereik is.
Weereens
het ons gevra en julle het gedeel, genadegawes.
Baie dankie vir almal se ongelooflike samewerking. Seënwense...
Vir kennisname…
*Die kantoor sluit
soos elke ander jaar op 15 Desember.
*Dit open vroeg in
die nuwe jaar, maar ek is met verlof. Ons sal laat weet
wanneer die kantoor in volle werking is.
*Ds H Roelofse gaan
komende week met verlof.
*Sodra hy terug is,
sal Ds E Vosloo vertrek, dit sal deurgegee word.
*Indien daar enige
siekte of afsterwe gebeur gedurende hierdie tyd, gee dit deur aan Ds Eljam, 081
039 3088 of aan my 082 570 2332.
*Onthou die diens
op Kersdag om 08:00 en die diens op 31 Desember om 23:15
No comments:
Post a Comment