Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
BLYDSKAP EN INSIG
Die
bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap.
Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. Psalm 19:9
Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. Psalm 19:9
Die
digter van Psalm 19 vertel vir ons wat die Here se Woord vir ons wil beteken.
Dit is veel meer as 'n ligte vertroosting of bemoediging. Dit is 'n Woord met
daadkrag wat dinge in ons lewens laat gebeur. Let op dat die digter aan die
woord van die Here verskillende benaminge gee (wet, bevele, gebod, opdragte,
ens.), maar dit gaan telkens maar net om een saak, naamlik die woord wat lewe
gee uit die mond van die almagtige God.
Ons hoor
keer op keer dat die Here se Woord vir ons die regte koers aandui. Dit is
rigtinggewend. Dit plaas ons op koers na die regte doelwitte. Is dit nie
verbysterend hoe maklik 'n mens koers verloor nie? Daar is so baie dinge wat
ons aandag aftrek en ons van ons doelwitte laat vergeet. Ons agenda raak
mettertyd oorlaai met onbelangrike dinge wat algaande al hoe belangriker raak.
Die Here se Woord wil ons op koers hou sodat ons gelukkige mense kan wees. Om
jou doel te bereik, maak jou bly. 'n Vervulde lewe is 'n vreugdelewe.
'n
Verdere pluspunt van God se Woord is dat dit vir 'n mens insig gee. Dit help
jou om sake helder deur te sien en te weet presies watter besluite geneem moet
word. En dit gebeur so omdat jy die Woord van die Here as betroubare maatstaf
kan gebruik.
No comments:
Post a Comment