Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
GEEN MY KRAG!
Luister tog en antwoord
my, Here my God! Gee my tog nuwe
lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, anders sĂȘ my vyand hy het my oorwin
en juig my verdrukkers oor my ondergang. Ek hou vas aan u troue liefde,
oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die
Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. Psalm 13:4-6
lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, anders sĂȘ my vyand hy het my oorwin
en juig my verdrukkers oor my ondergang. Ek hou vas aan u troue liefde,
oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die
Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. Psalm 13:4-6
'n Benoude hulpgeroep: "Here, gee my
krag!" En hoe goed ken ons nie die versugting nie. Hoe dikwels bevind ons
onsself nie aan die einde van ons kragte nie. Dit kan wees as gevolg van
benouende omstandighede, siekte, of krisisse - al die goed wat ons kragte tap.
Ons voel gedreineer en soms selfs deur die dood bedreig. So het die digter
gevoel. Sy lewe was letterlik op die spel. En sy dood sou 'n oorwinning vir sy
vyande (en onregstreeks ook God se vyande) beteken. Gee my tog nuwe
lewenskrag. Tot sover sy versugting. Besluit eers of jy jouself by
geleentheid met die man se stemming kan identifiseer.
En dan, sommer so in dieselfde asem, kom hy
met 'n vreugdelied vorendag. Ja, ek voel kragteloos, maar ek ken die Here, Hy
sal my ondersteun. Ek hou vas aan sy troue liefde. My God is getrou aan sy
beloftes. Hy laat nie sy kinders in die steek nie. Daarom juig my hart. En
daarom sing ek sommer so deur my trane heen. Die Here het aan my goed gedoen.
Het gedoen? Ja, so seker is ek van my God se troue liefde.
Hou ons nie te dikwels by die kragelose
hulpgeroep op nie? Moet ons nie meer dikwels van klaagsang tot loflied oorgaan
nie? Ons ken mos ons Here. Hy is en bly getrou aan sy beloftes. Sing tot sy
eer!
No comments:
Post a Comment