Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Kosbaarder as goud
Die eise van die Here
vir sy diens is goed: dit staan altyd vas.
Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig.
Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as
druppels uit heuningkoek. U dienaar laat hom daardeur leer.
Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. Psalm 19:10-12
Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig.
Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as
druppels uit heuningkoek. U dienaar laat hom daardeur leer.
Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. Psalm 19:10-12
Die Woord van die Here dui nie net die regte
koers aan nie, maar stel ook eise aan God se kinders. Ten einde op die regte
koers te bly, moet jy bereid wees om reg te doen, om die woord van die Here te
gehoorsaam. God se eise is altyd reg en regverdig. Hy stel geen eise wat nie in
jou belang is nie. Die Here is nie 'n pretbederwer wat alles voor die voet
verbied nie. Maar Hy is ook nie 'n lamsakkige vader wat om vredeswil net maar
alles toelaat nie. Gehoorsaam gerus die Here se eise; dit is in jou eie belang.
Dan sal jy vind dat dit baie kosbaar is.
Wanneer die digter God se
Woord as kosbaarder as goud bestempel, ken hy 'n waarde daaraan toe wat die
hoogste materiële waardes oortref. Vir baie mense lê die waarde van die lewe in
materiële sekuriteite opgesluit. Hulle sal feitlik alles prysgee net ter wille
van materiële gewin. En in die proses sal God se wet ook nie veel punte tel
nie. Die gelowige wat hom egter deur God se Woord laat leer en lei, vind die
dieper en egte waarde van die lewe. En sy beloning is groot. Miskien nie wat
geld en goed betref nie, maar beslis wat lewensvreugde en lewensvervulling
betref. Daar is geen groter beloning as om God se doel vir jou lewe te bereik
in gehoorsaamheid aan sy Woord nie.
No comments:
Post a Comment