Thursday, 18 April 2019

Nuusbrief - 21 April


Welkom by die Erediens
Ned Geref Gemeente Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 21 April 2019
             
2019 – ONS VIER 50 JAAR VAN GENADE

50 Jaar van Genade en ‘n Ewigheid van Sorg

Dit is ons gemeente tema vir 2019 - die jaar wat Vyfhoek sy 50ste bestaansjaar gedenk.
Die lewe is ‘n wonderlike genadegeskenk uit God se hand. Die grootste fout wat ‘n mens kan maak, is om te dink dat “die lewe” nog eendag gaan kom. ‘n Mens kan te laat agterkom dat die lewe nóú hier is; dat ek vandág, hiérdie uur, moet geniet wat dit ook al bied.
Wie weet of “eendag” ooit vir jou sal kom….

Sondag  21  April  2019

08:00  Geen Mannebiduur
09:30  Erediens - Ds E Vosloo                      
09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30  Geen Kategese (Gr 7-10)
10:30  Geen Belydenisgroep
10:30  Geen Tee by die luik

18:30  Geen Aanddiens              
          
Dagboek van NG Vyfhoek
Maandag 22 April
17:15  Geen Kategese by ES Le Grange              
17:15  Geen Bybelstudie in die konsistorie  
 Dinsdag 23 April
14:30  Damesbybelstudie
19:00  Kleingroepbyeenkoms, kontak vir Hansie indien jy wil inskakel, 082 789 6855
Woensdag 24 April
17:00  Vyfhoek 50 Feeskomitee vergader
18:00  Basaar Vergadering in die konsistorie
19:30  Plaasbiduur vind plaas Donderdag 25 April
18:00  LAS Vergadering in die konsistorie
19:00  Geen Timoteusgroep

Sondag 27 April 2019
08:00  Mannebiduur by W Brewis
09:30  Erediens
09:30  Kleuterkerk
09:30  Kategese (Gr 1-6)
10:30  Tee by die luik
10:30  Kategese (Gr 7-10)
10:30  Belydenisgroep

18:30  Aanddiens

Voorbidding vir die volgende siekes
*Mareen Fourie is in Mediclinic.
*Lorette Frith is in Pretoria-Oos Privaathospitaal.
*Pieter van der Walt is in Mediclinic.
*Cas en Judith Badenhorst se kinders was in ‘n ernstige motorfiets ongeluk en voorbidding word vir hulle gevra.

Teeskink beurte vir 2019
28 April
Chrisna Rankin
5 Mei
Henriëtte Claasen
12 Mei
Bertha Oberholzer
19 Mei
Leonore Brewis
26 Mei
Rina Van Wyk
Indien jy graag wil help met die skink van tee in 2019, kontak my.

Baie dankie: Heleen



Verjaarsdae: 21 April tot 28 April
21 April
Rita De Kock
Estiaan Krogman
Liam Van Der Merwe
22 April
Koos Croucamp
Andre De Jager
Susan Els
Hannes Gouws
Jana Mathee
24 April
Tersia Visagie
25 April
Reinet Hugo
Frances Roelofse
Mada Vosloo
27 April
Chrissie Nel
Rina Van Wyk
Willie Venter
Veels geluk,
Geseënde jaar wag vir jou!

Dankoffers

Begroot Mrt-Mrt
R62 500

Ontvang Mrt-Mrt
R51 200

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” Psalm 119:105



Mag die pad voor jou gelyk raak
Mag die wind altyd van agter waai
Mag die son warm op jou skyn
en die reën sag op jou lande val
tot ons weer ontmoet
Mag God jou in die palm van sy hand hou
Gaan in sy liefde…..

Gedenkbundel: 50 - Jaar
Liewe Gemeente. As die gedenkblad Oktober, as die hoogtepunt van ons feesviering verskyn, wil ons hê dat dit besonders sal wees. Sonder U hulp is dit nie moontlik nie. Ons vra foto’s van dope, aannemings en troues, bring dit vir ons, en ons onderneem om alles ongedeerd aan u terug te besorg. As u ‘n interesante ervaring gehad het, of ‘n humoristiese staaltjie onthou, deel dit met ons.
Skakel vir Martie Langenhoven: 290 5362, Ds Eljam 081 039 3088 of Ds Hansie: 082 789 6855.

Klub 5
Vir almal in die gemeente, 60 en ouer
Die tweede kwartaalse byeenkoms verskuif na Woensdag, 15 Mei.
Ons kom by die buitelug restaurant Roosmaryn bymekaar. Dit is waar die kwekery (Ou Pavillion) in Paryslaan eers was.
Hulle noem dit nou Die Koelte Tuin.
Kom kuier gerus saam en geniet ‘n koppie tee of koffie met ‘n muffin of skon.  Koffie - R20, tee - R17, Muffin - R35, skon met aarbeikonfyt en room - R40.
Getalle word benodig, besprekings moet gedoen word.
Kontak die kantoor by (018) 290 5988.


GHOLFDAG NG-VYFHOEK
Vrydag, 15 November 2019
NG Vyfhoek se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op Vrydag, 15 November 2019 by die Potchefstroomse Buiteklub plaas weer met die GROOT VLEIS-pryse waarna al die gholfers elke jaar uitsien en van praat.

Kostes:  R1 200.00 vir 4 balle (Sluit ‘n boereworsrol en ‘n Shooter by die halfweg nommer 13 in)
Advertensie:  Advertensies by ‘n onbemande putjie is R500.
                Advertensies by ‘n bemande putjie waar u water of bier uitdeel is GRATIS.
Borge:  Indien u ‘n gat wil borg sonder spelers, is dit R700.
              Erkenning sal aan die instansie/besigheid/person gegee word tydens die gholfdag.
Gholfers en besigheidsmense in ons gemeente, skakel vir Ds Eljam om hand by te sit!

Fees-Basaar 2019
Ons gemeente se feesbasaar vind op Saterdag 1 Junie plaas. Ons gebed is dat dit regtig ‘n groot fees en vreugde sal wees!

Lidmate word gevra om afgesien van kontant en produkte asb ons ook te help om bestandele vir ons te bring. Julle kan dit Sondae of gedurende die week vir ons bring. Help ons asb hiermee. Ons sal vir julle aandui wat ons benodig.

Suiker, Kookolie, jellie,ideal-melk, kondensmelk

Die persone wat elke lidmaat gaan skakel vir basaarprodukte sal jou eersdaags begin skakel. Wees asb vriendelik met hulle en help ons om alles glad te laat verloop.
Die persone wat elke lidmaat gaan skakel vir basaarprodukte sal jou eersdaags begin skakel. Wees asb vriendelik met hulle en help ons daarmee.
GESOEK!!!  Is daar dalk ‘n lidmaat wat vir ons ‘n TABLET kan borg as ‘n trekprys? Ons soek nog WITOLIFANTE! Maak jou garage en kaste leeg van ongebruikte items; ons sal dit met graagte neem. Het jou ou BOEKE op jou rak wat jy dalk kan inbring vir ons boeketafel? Is daar iemand wat bereid is om ‘n MOBIELE TOILET vir die Kinderpark te borg of weet waar ons een vir ‘n redelike prys kan huur? Ons het weer HUISHULPE nodig wat die Saterdag teen vergoeding in die kombuis kan help!

Baie betroubare huishulp is beskikbaar. Sy het uitstekende verwysings, kontak vir Alana Pretorius by 083 381 6537.
Die werker se naam is Lydia en sy kan gekontak word by 063 365 2539.

Ona Jv Rensburg se meent huis is vir die komende vakansie beskikbaar in
Jeffreysbaai.  Indien jy be-langstel, kontak haar vir verdere inligting by 082 374 6027.

FEESBASAAR  2019
Oor 38 dae is dit weer ons jaarlikse basaar.
Bring asseblief vir ons die volgende: leë bottels wat ons gebruik, wit olifante, alles wat jy nie meer nut voor het nie en boeke.  Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.

FeesBasaar - Inligting
Die dames gaan vanaf 30 April elke Dinsdag kleinkoekies bak in die kombuis. Kom help hulle asseblief daarmee, dit is heerlik gesellig.
Onthou om te woeker met die Arts-and-Crafts, daar is heerlike pryse op die spel. As jy produkte het wat alreeds klaar is, kan dit solank inkom. Dieselfde met Deli-produkte.

No comments:

Post a Comment