Liewe
Vyfhoek-gelowige
Lees gerus
hierdie oordenking.
MOED
HOU: ‘N CHRISTELIKE DEUG
Maar wie tot die einde toe
volhard, sal gered word (Matt 10 :22)
Christus het nêrens beloof dat die Christen se pad
altyd maklik sal wees nie. Inteendeel, Hy praat dikwels van kruis dra. Moontlik
het jy jouself al heimlik afgevra of dit die moeite werd is. En tog, na wie toe
anders sal jy gaan? As jy eenmaal 'n ervaring met die lewende Christus gehad
het, sal jy nooit met die naasbeste tevrede kan wees nie.
As jy deur 'n donker tydperk van depressie in jou
lewe gaan en jy gedwing voel om jou geloof te laat vaar, moenie oorreageer nie.
Identifiseer die rede waarom jy jou houvas op geestelike waardes verloor het.
Wees absoluut eerlik met jouself. Lê dit by 'n afgeskeepte gebedslewe? Of
verwaarloosde Bybelstudie? Bevind jy jou in geselskap wat nie bydra tot
geestelike groei nie? Het jou toewyding aan die Meester verslap? Die skuld lê
nie by God nie, maar uitsluitlik by jouself.
In die vernuwing van jou geloof moet jy vlerke kry
na Christus toe. Los alle verskonings en argumente wat verwarring skep in jou
geestelike lewe. Christus het jou nie laat los nie. Herbevestig jou geloof dat
Hy in jou leef. Hou moed en volhard in die geloof en vertrou op die onsterflike liefde van Jesus Christus.
Deur u onbeperkte krag en
genade, Vader, sal ek volhard en my geloof herbevestig deur 'n lewe van
algehele oorgawe en toewyding. Help my daartoe deur die werk van u
Heilige Gees.
No comments:
Post a Comment