Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
‘N SUKSESRESEP
Teenoor Christus Jesus ons Here is ek
dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel (1 Tim 1:12)
Almal wil graag suksesvol wees.
Niemand wil graag as 'n mislukking geklassifiseer word nie. In die moderne
samelewing beteken "sukses" om jou doelstellings te bereik en as
beloning prestige en welgesteldheid te geniet. Daar is talle mense wat nie
uitgestyg het bo die gemiddelde in hulle beroep of professie nie, wat nie groot
bankrekenings het nie en tog die respek van hulle medemens verdien het. Sukses
is wel begeerlik en iets om na te streef, maar dit is veel meer as geld,
prestige of gesag. Dit is 'n lewenskwaliteit
wat gekweek word deur adel van die gees en gehoorsaamheid aan God.
Die Skrif klassifiseer sukses nie as die hoogste
doelstelling in ons geestelike lewe nie. Daar is ander kwaliteite wat van
groter belang is in die oë van God. Voordat God 'n persoon "suksesvol"
verklaar, eis Hy gehoorsaamheid en getrouheid in alle sake. God kyk verby
menslike waardebepalings en beoordeel ware sukses in terme van toewyding aan Hom
en aan sy wil.
Iemand kan 'n sukses of 'n mislukking in die oë van sy
medemens wees, maar die finale toets lê in die vraag: Het Hy my betroubaar
geag?
My hoogste vreugde, o Here, is om u wil te
doen en aan U getrou te wees onder alle omstandighede.
No comments:
Post a Comment