Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie
oordenking.
VAN GROEWE EN GRAFTE
Iemand wat aan Christus
behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is alles
die werk van God (2 Kor 5:17-18)
Daar is net 'n diepteverskil
tussen 'n graf en 'n groef. Daarom is dit so gevaarlik om toe te laat dat 'n
siellose eentonigheid oor jou lewe neerdaal.
‘n Positiewe manier om teen
eentonigheid te waak, is om bewus te bly van die lewe rondom jou en van alles
wat gebeur. Moenie die welsyn van jou medemens ignoreer nie. Wees hoflik en
sien die bedagsaamheid van ander raak. Moenie die skoonheid van die skepping as
vanselfsprekend aanvaar nie. Waardeer elke gebaar van vriendskap, want dit kan
tot lewenslange kameraadskap lei.
As jy die lewe kleurloos en
eentonig vind, kan jy alleen jouself blameer. Moenie onbetrokke en onsensitief
wees vir die opwinding en die wonder van die lewe rondom jou nie.
Glo onwrikbaar dat deur die
inwonende teenwoordigheid van die nie lewende Christus, jy wel die vermoë het
om nie in 'n groef te verval nie en dat jy die eentonigheid van elke dag kan
omskep in 'n opwindende ervaring. As 'n mens met Christus verenig is, raak jy
nooit afgesluit van wat in die wêreld gebeur nie.
Laat sy Gees jou lei, en jy sal
ontdek dat die eentonigheid uit die lewe verdwyn — Hy vernuwe alles elke dag en
lig jou uit jou groef voor dit jou graf word.
Dankie,
Here, vir 'n vol en opwindende lewe wat ek deur U leer ken het.
No comments:
Post a Comment