Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Om daardie moeilike grens na ander oor te steek
So het julle 'n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. — 1 Tessalonisense 1:7
Ons praat baie oor verhoudings as uitdrukking van God se wil. Dit kan jou dalk laat voel jy skiet tekort, veral as jy meer taak-georiënteerd is as ander mense. Mens-georiënteerde mense kom maklik met ander oor die weg. Dit gebeur spontaan. Maar wat van die wat introverte is en nie so maklik met ander mense sosialiseer nie? Is hulle gedoem tot geestelike mislukking? Nee, genadiglik nie. Daar is darem nie net een bloudruk vir die regte verhoudings nie. Goeie verhoudings is nie gelyk aan hand om die lyf loop met elkeen wat jou pad kruis nie. Dit is nie om elkeen se beste vriend te probeer wees nie. Of om nooit konflik te hê nie. Inteendeel. Verhoudings is om daagliks een belangrike keuse uit te oefen en dit is om na buite, na ander mense toe, te leef. Verhoudings begin met 'n keuse vir openheid. Dit is gelyk aan 'n keuse om sensitief vir mense te wees. Gesonde verhoudings wat Christus tot eer strek en ander dien en opbou, vra 'n doelbewuste keuse om nie soos 'n verlate eiland deur die lewe te gaan nie.
Goeie verhoudings vra om goeie keuses aan my kant. Dit vra dat ek gedurig sal onthou die lewe gaan nie oor myself nie. Ek is geseën om ander te seën. Ek is gered om tot heil van ander te leef. Ek staan in 'n verhouding met Christus wat verder moet uitkring. Ek moet my geestelike radarstelsel elke dag instel op ander mense en hulle raaksien as unieke mense in eie reg en nie as blote objekte nie. Ek moet hulle begin sien as beelddraers van God, selfs al het die sonde hulle bekrap en beskadig. As dit gebeur, verskuif iets binne-in my. Dan gaan my hart oop. So begin die regte verhoudings!
Friday, 25 October 2019
Friday, 18 October 2019
Oordenking - Van monument-bouers tot God se wil-doeners
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Van monument-bouers tot God se wil-doeners
Noual ontvang die man wat oes, sy loon en samel Hy die oes
in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly. Johannes 4:36
Daar is 'n advertensie wat lui: "No one ever built a
monument to a committee!" Toe ek vir 'n paar mense hiervan vertel, sê
iemand vir my: "Wel, by ons kerk is daar baie monumente vir
komitees." Ja, sinvolle komitees is ook nodig, maar om gedurig te vergader
bloot omdat dit op 'n kalender staan, is uit. Die kerk is die familia Dei, die
aardse familie van God. Soos in enige gesonde familie kyk hulle mekaar in die
oog en vertrou mekaar se woord. Hulle doen die lewe saam; daarom hoef hulle
mekaar nie gedurig deur middel van vergaderings en kommissies te kontroleer
nie.
'n
Groter gevaar agter daardie eindelose vergaderings is dat dit die fokus kan
verskuif weg van God se wil en van die noodsaak van nuwe verhoudings. Mense kan
ure lank besig wees in sy koninkryk met belangrike sake, maar hulle kan later
so sterk begin steun op hulle eie goeie finansiële beplanning en deeglike
organisasie dat hulle komitees die sleutel tot alle besluite en planne in God
se diens word. Dan vergeet hulle God se wil is nie hiervan afhanklik nie. Ja,
geloof vra ook om goeie beplanning, maar ten diepste is God se koninkryk 'n
geloofsaak wat deur liefdevolle verhoudings en vertroue gebeur. God se wil gaan
nie oor al ons planne, agendas en aktiwiteite nie, maar oor hoe ons ons eie
agendas, planne en aksies in Jesus se diens stel! Het jy die verskil opgemerk?
God se wil gaan oor Christus, nie oor sy wil vir ons lewe, ons kerk, ons
besigheid of wie nog alles nie. Die enigste vraag wat ons kerk en ons besigheid
eintlik moet vra, is hoe ons ons eie agendas ter syde stel om God ter wille te
wees. Jesus se kos is ook ons s'n, naamlik om God se wil verhoudingsmatig te
doen.
Friday, 11 October 2019
Oordenking -
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Ander is anders, maar God se liefde is dieselfde
Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een. Galasiërs 3:28
Op vliegtuie hou ek my neus graag uit ander se besigheid. Maar op 'n dag beland ek langs 'n klomp omgekrapte ouens op pad iewers heen. Hulle het luidkeels rassistiese opmerkings gemaak, tot groot verleentheid van ander passasiers. Maar toe een ou later met sy pelle oor sy kerk begin praat, kon ek nie stilbly nie. "Hoe op aarde kan jy nou oor kerksake praat na al daardie rassistiese taal?" wou ek weet. Toe was die gort gaar. Ek moes woorde aanhoor wat ek nie wil herhaal nie. Was ons nie in 'n vliegtuig nie, het ek met 'n ingeduikte neus opgeskeep gesit.
'n Ruk gelede vra my jongste dogter my hoekom die kerk so min doen om beter menseverhoudings in ons land te vestig. Toe kon ek nie aan 'n sinvolle antwoord dink nie. Om sout op die wonde te gooi, voeg sy toe by dat sy oor die afgelope jare geen preek gehoor het wat verhoudings tussen verskillende volksgroepe vanuit God se Woord belig nie. "Baie preke op Sondae kon net sowel in Alaska of Toronto gelewer gewees het; so werklikheidsvreemd klink dit," het sy bygevoeg.
Sjoe, dit is sleg dat ons elkeen op ons eie eilande bly in Suid-Afrika. Ten spyte van ons almal se belydenisse dat ons in Christus glo, word min hiervan sigbaar. Rassisme wen gedurig bokant Christelike waardes van respek en agting. Nee, ons kan nie almal se beste vriende wees nie. Maar ons geloof moet 'n daadwerklike impak maak op ons interpersoonlike verhoudings. Dit geld vir swart en wit. Wanneer ons bely Jesus is ons Here moet ons besef ons mensgemaakte grense tel veel minder as ons saambindende geloof. Dan moet genesende verhoudings oor alle grense heen wen. Hoe gaan jy dit vandag laat gebeur?

Thursday, 3 October 2019
Oordenking - Kerk leef
Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Kerk leef
Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die ware God dien (1 Tess 1:9).
Onthou jy die heel eerste naam wat aan volgelinge van Jesus toegeken is? Ja, hulle was "mense van die weg". Hulle identiteit was van die aanvang af geleë in hulle onvoorwaardelike liefde vir God en hulle liefdesdiens aan mekaar. Hulle leiers was gewone mense wat die liggaam van Christus met hulle gawes gedien het, nie 'n klomp werkverslaafde skakelbeamptes nie.
In ons dag wonder vele oor die kerk se toekoms. Dalk moet ons eerder vra: Het die toekoms 'n kerk? Wel, op elke plek waar die liefde van Christus gewone mense aanraak en hulle verander in nie-veroordelende, sagte mense, daar dryf hoop! Op elke plek waar mense warm harte het vir God se wêreld, daar wen die regte soort verhoudings.
Godsdiens bring nie per se groei of nuwe lewe nie! Dit bring eerder vrees, skuldgevoelens, 'n kritiese ingesteldheid, kontrole en wettisisme. Waar Christus se genade egter wen, daar wen vryheid en koinonia. Daar word nuwe verhoudings midde-in ons harde samelewings gebou. Daar word aartsvyande vriende. Dinamiese kerke weet hulle is geroep om sulke nuwe verhoudings te gaan bou, nie net om meer persone op kerklike sitplekke te laat beland nie. Hulle weet groei is gelyk aan toegeruste gelowiges waar elkeen 'n voltydse bedienaar van die Woord is. Hulle weet groei vra om die omhelsing van mense wat anders as ons lyk, glo, praat en dink sonder om hulle te veroordeel of in kerklike fotostate te verander. Hulle weet ook groei is betrokkenheid by vraagstukke soos aardverwarming, waterbesoedeling, rassisme en vigs. Kerke wat leef, weet dit gaan oor die herontdekking van Jesus se radikale boodskap van liefde. Hulle weet daar is geen teenvoeter hiervoor in 'n stukkende wêreld nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)