Friday, 16 October 2020

Nuusbrief 18 Oktober

 

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag  18 Oktober 2020

             

                                                God sorg en gee om

God het nie net ‘n onuitputlike bron waaruit Hy voorsien en sorg nie;  Hy is ook so goed dat Hy onuitputlik voorsien en sorg!

             Prys die Here!


TIENDEMAAND

 

Gelowiges  is dankbare mense! Om ‘n TIENDEMAAND dankoffer te gee, is een van die maniere waarop ons dankie sê vir die kruisoffer wat Jesus vir ons gebring het!

Ons benodig hierdie offers wat gebring word om ons verpligtinge na te kom, en ook fondse vir ekstra noodleniging beskikbaar te kan hê.  Ondersteun ons asseblief daarin.

Tiendemaand koeverte is beskikbaar in die portale. (Jy kan dit ook elektronies doen – merk dit net “10 de maand offer” )

 

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal.  Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen:  082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Sondag  18 Oktober 2020

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens - Ds H Roelofse “Die Here ons God is by ons” Deuteronomium 4:1-10

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Kategese (Gr 7-10)

10:30  Belydenisgroep

10:30  Geen Tee by die luik

 

18:30  Geen Aanddiens


DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 19 Oktober

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Woensdag 21 Oktober

18:30  Kerkraadsvergadering in die konsistorie

      Bywoning is noodsaaklik asseblief

Donderdag 22 Oktober

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Woensdag 28 Oktober

19:30  Plaasbidure sal eers weer hervat in Januarie 2021

 

Sondag  25 Oktober 2020

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens

09:30  Geen Kleuterkerk

09:30  Geen Kategese

10:30  Belydenisgroep

 

18:30  Geen Aanddiens

 

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes.  Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Marinda Moodie se ma is in ICU in Mediclinic, 083 602 1727

*Hennie en Marie Kleynhans se seun het ’n ernstige operasie ondergaan en             

  sterk nog aan, 082 921 9457

 *Alet Mayer het ’n  prosedure ondergaan, 072 174 9149

 

Vyfhoek 50—Feesblad

Die Feesblad is  in die kantoor  beskikbaar. 

Ons het nog voorraad en daarom kan elkeen wat nog nie een ontvang het nie, maar ’n draai by die kantoor kom maak.  Oudlidmate wat weg is uit die gemeente,

is ook welkom.

 

Neem kennis

*Alle Kategese het vir die jaar tot stilstand gekom.

  Dit behels die Kleuterkerk ook (Volgens beplanning begin ons weer in 2021)

*Die Belydenisgroep gaan aan soos gereël deur Ds Eljam

*Daar gaan hierdie jaar geen Kategese afsluiting in die saal plaasvind nie

*Die Belydenisaflegging gaan voort soos op die almanak

*Erediens van die Goue-Oues gaan voort, ongelukkig geen geselligheid

  agterna nie

*Die Kerssangdiens gaan voort soos op die almanak

 

Teeskink beurte

vir 2020

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning. 

Volgende jaar begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

 

Verjaarsdae: 18 Oktober  - 25 Oktober

18 Oktober

Elizma De Jager-083 601 9383

Elma Hein– 071 676 5946

Sus Lötter-083 406 9854

19 Oktober

Leon Van Heerden-072 782 8914

21 Oktober

Tian Bezuidenhout-071 130 9019

Augusta Cloete-072 271 3010

23 Oktober

Annatjie Botha-082 513 0947

Ina Engelbrecht-082 553 4202

Charmaine Munro-082 516 0642

Cecilia Ungerer-082 925 6196

24 Oktober

Riaan Botha-082 397 9509

Estie Nolte-084 209 5637

25 Oktober

Lizani Badenhorst-082 834 5700

Zanique Combrink-072 938 9257

Veels Geluk met die verjaarsdae, mag daar nog vele wees!


Liewe gemeente, ons verlede week berig dat die herwinningsdienste gestop het, dit verander.

Ons het die vrymoedigheid om te kan sê  julle is welkom om weer die gesorteerde afval te kom aflaai. Baie dankie

 

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer.  Skakel vir Amanda by   083 504 0783.


“As jy ooit twyfel of jy sterk genoeg is om die storms rondom jou aan te pak, dink net aan al die reënboë wat jy al gesien het, dan sal jy weet jy is….”


NG Kerk Vyfhoek

ABSA Bank

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam of Tiende


Tiendemaand

Begroot 2020

R120 000

Ontvang 2020

R14 625

 

My Tiende …

in die Tiende maand

 

Die Kerkraad het ‘n besluit geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging aan te wend om die gemeente se finansiële posisie te verbeter.  U word daarom vriendelik versoek om indien enigsins moontlik, u maandelikse dankoffer vir Oktober, met ‘n Tiende aan te vul.  Hierdie offer kom in die bruin koeverte, wat voorsien word in die kerkportaal.  Dit is annoniem, u kan dit in die kollektesak plaas. Baie dankie vir almal se ongelooflike samewerking. Seënwense... 

No comments:

Post a Comment