Thursday, 29 October 2020

Nuusbrief 1 November

 Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 1 November 2020

 

 God sorg en gee om

Indien jou situasie benard is en jy na troos soek, bied Jesaja 49:16 dit.  Dit hou vas aan die hoop dat tragedie oorkom kan word; dat God wel goeie goed vir God se kinders wil hê. Selfs wanneer dit voel of God ver weg is, kan ons weet dat God steeds die Trooster is wat ons nooit sal vergeet nie. Hoe weet ons dit? Ons name staan gegraveer in die palm van God se hand!  


Sondag 1 November 2020

 

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens - Ds E Vosloo - Belydenisaflegging en Nagmaal “Jý is die Boodskap” Handelinge 16:22-31

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Kategese (Gr 7-10)

10:30  Geen Tee by die luik

 

18:30  Geen Aanddiens


Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

 

*Hennie en Marie Kleynhans se seun het ’n ernstige operasie ondergaan en             

 sterk nog aan, 082 921 9457

*Alet Mayer het ’n prosedure ondergaan, 072 174 9149

*Piet Brand is in Wilmedpark, 082 856 8925

 

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 2 November

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Donderdag 5 November

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

 

Neem Kennis…..

Plaasbidure hervat eers weer in 2021

 

Sondag 8 November 2020

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens vir die Goue-Oues

09:30  Geen Kleuterkerk

09:30  Geen Kategese

18:30  Geen Aanddiens

 

Teeskink beurte

vir 2020

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.

Volgende jaar begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

 

Verjaarsdae: 2 November - 8 November

2 November

MJ Kruis– 083 279 5434

Johannes Van der Walt - 082 568 9217

Pieter Van der Walt - 084 250 8575

3 November

Hantie Erbstoesser-082 335 7661

Ruben Jacobs-082 555 3534

Yvonne Smit-078 176 0353

4 November

Janke Botha-083 278 9731

Estie Solomon-082 922 0441

Hansie Van Vreden-076 820 1608

7 November

Sumien Conradie-083 656 7806

Hettie Steenkamp-082 964 6363

Ria Venter-082 333 1338

8 November

Simoné Eicker-071 677 3320

Richard Lemmer-071 312 1780

Driaan Weyers-

Veels Geluk met die verjaarsdae, mag daar nog vele wees!

 

Vir aandag…

Herkies as Kerkraadslede

As Diakens

Kobus Conradie, Jan Kruis, Jattie Viljoen, Anré Wagner, Anita Wessels

As Ouderlinge

Piet Botha, Koos Minny, Manus Oosthuizen en Gerard Uys

 

Nuutverkose……

Leier-Ouderling

Pedro Rankin

Onder-leier Ouderling

Peter Schön

Onder-leier Diaken

Anita Wessels


Anré Wagner bly Leier-Diaken

 

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer.  Skakel vir Amanda by 083 504 0783.

                                     

TIENDEMAAND

Gelowiges is dankbare mense! Om ‘n TIENDEMAANDdankoffer te gee, is een van die maniere waarop ons dankie sê vir die kruisoffer wat Jesus vir ons gebring het!

Ons benodig hierdie offers wat gebring word om ons

verpligtinge na te kom, en ook fondse vir ekstra noodleniging beskikbaar te kan hê.  Ondersteun ons asseblief daarin.

Tiendemaand koeverte is beskikbaar in die portale.

 

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!


Neem kennis

*Alle Kategese het vir die jaar tot stilstand gekom.

  Dit behels die Kleuterkerk ook (Volgens beplanning begin ons weer in 2021)

*Die Belydenisgroep gaan aan soos gereël deur Ds Eljam

*Daar gaan hierdie jaar geen Kategese afsluiting in die saal plaasvind nie

*Die Belydenisaflegging gaan voort soos op die almanak

*Erediens van die Goue-Oues gaan voort, ongelukkig geen geselligheid

  agterna nie

*Die Kerssangdiens gaan voort soos op die almanak

 

Neem Kennis….

Daar is Sondag 22 November om 18:00 ‘n gesamentlike Sangdiens, saam met Potchefstroom se Mannekoor.

Dit geskied in die kerkgebou, kom en geniet dit saam met ons.

 

Novembermaand-Projek

Boks vir ‘n Boer

Ons pak bokse met basiese benodighede vir die Boere wat alles verloor het in die onlangse brande. Dink aan koffie, langlewe melk, basiese oor die toonbank medisyne ens. Hulle het alles verloor.

Trek asb jou skenkingsboks met bruinpapier oor en lewer dit by die kantoor af voor einde November. Baie dankie byvoorbaat vir julle hulp.

 

My Tiende …

in die Tiende maand

 

Die Kerkraad het ‘n besluit geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging aan te wend om die gemeente se finansiële posisie te verbeter.  U word daarom vriendelik versoek om indien enigsins moontlik, u maandelikse dankoffer vir Oktober, met ‘n Tiende aan te vul.  Hierdie offer kom in die bruin koeverte, wat voorsien word in die kerkportaal.  Dit is annoniem, u kan dit in die kollektesak plaas. Baie dankie vir almal se ongelooflike samewerking. Seënwense...

 

Tiendemaand

Begroot 2020

R120 000

Ontvang 2020

R14 625



No comments:

Post a Comment