Welkom by die Kerssangdiens
Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 15 November 2020
2020
God sorg en gee om
Dat God voorsien, beteken dat daar ‘n oplossing in elke situasie moontlik is. Ons probleme het nie ‘n permanente greep op ons nie. Die band wat God met ons het kan nooit verbreek word nie.
Sondag 15 November 2020
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens - Ds E Vosloo Kerssangdiens
“As U tog maar wou kom, Here!” Jes
64:1-12
10:30 Geen Tee by die luik
18:30 Aanddiens - Ds H Roelofse
“Kom ons lewe in die lig”
Jes
2:1-5
DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK
Maandag 16 November
17:15 Bybelstudie in die konsistorie
Donderdag 19 November
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms,
kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Neem Kennis…..
Plaasbidure hervat eers weer in 2021
Sondag 22 November 2020
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens
18:00 Gesamentlike Sangdiens, Vyfhoek gemeente en Potchefstroom
se Mannekoor
Voorbidding vir die volgende
siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy
is.
Ondersteuning is geweldig belangrik.
*Steyn Kleynhans sterk
tuis aan na ‘n hartomleiding
*Pedro Rankin is tuis
na oogprosedures
*Alet Mayer sterk by
haar kinders aan
*Piet Brand herstel
tuis na veloorplantings
*Pietman van der Merwe is nog in die hospitaal
*Tersia Britz is tuis
na hospitalisasie
‘n Veilige en spoedige
herstel word aan julle toegewens.
Teeskink beurte vir 2020
Daar is ongelukkig geen tee
of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is die
gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Volgende jaar begin ons weer
met hierdie diens.
Indien jy belangstel om
daarmee te help, kontak met met jou naam, ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570 2332
Verjaarsdae: 16 November -
22 November
16 November
Piet Brand
Hendré Heenop
Kyle Koekemoer
18 November
Sonnika Du Plessis
Bertha Oberholzer
19 November
Lucy Erasmus
Marié Jv Rensburg
Luhan Kruis
Dirk Myburgh
20 November
Liesbet Heenop
Nell Mellows
22 November
Johan Freysen
Anita Wessels
Veels Geluk met die
verjaarsdae, mag daar nog vele wees!
Gesoek….
‘n Tuinwoonstel vir jong
getroudes vanaf Desembermaand.
Maksimum bedrag huur wat bekostig kan word is R4000.
Kontak vir Christi indien jy
dalk kan help by
079 879 7334.
Neem kennis…
Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.
NG Vyfhoek kommunikasie:
Dit is hoe ons boodskappe
uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die
boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om
die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081
039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers
nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!
Neem kennis
*Alle
Kategese het vir die jaar tot stilstand gekom.
Dit behels die Kleuterkerk ook
(Volgens beplanning begin ons weer in 2021)
*Die Belydenisaflegging
het alreeds plaasgevind
*Daar
gaan hierdie jaar geen Kategese afsluiting in die saal plaasvind nie
*Erediens van die
Goue-Oues het
alreeds plaasgevind
*Vandag
is dit die jaarlikse Kerssangdiens, ‘n groot hoogtepunt
Novembermaand-Projek
Boks vir ‘n Boer het
gestop
Afriforum het nog bokse
bedank. Hulle het oorvloedig skenkings gekry. Ons verwelkom egter nog steeds
bokse met benodighede, Laerskool Bailliepark het ‘n wonderlike projek waar
hulle die behoeftes van mense aanspreek wat verbonde is aan die skool, met ‘n
bord gekookte kos, of ander hulpmiddels soos byvoorbeeld kos. Voel vry om enige
tyd die bokse wat alreeds gereed is te bring.
My boks kom definitief.
My Tiende …
in die Tiende maand
Die Kerkraad het ‘n besluit
geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging aan te wend om die gemeente
se finansiële posisie te verbeter.
Ons kan met groot vreugde
aankondig dat hierdie jaar se begroting syfer in net twee maande bereik
is.
Weereens het ons gevra en
julle het gedeel, genadegawes.
Baie dankie vir almal se ongelooflike
samewerking. Seënwense...
No comments:
Post a Comment