Friday, 6 November 2020

Nuusbrief 8 November

 Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 8 November 2020

             

  God sorg en gee om

Ons voel soms oorweldig deur ons probleme. Die probleem is nie die omvang van ons probleme nie, maar die omvang van ons onvermoë om God te vertrou.                  


Sondag 8 November 2020

 

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens - Ds H Roelofse

      Erediens vir die Goue-Oues “By U Here skuil ek”

      Psalm 71:1-15

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-10)

10:30  Geen Tee by die luik

 

18:30   Aanddiens—Ds H Roelofse “Ons leef uit Sy oorvloed genade”

 

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 9 November

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Donderdag 12 November

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

 

Neem Kennis…..

Plaasbidure hervat eers weer in 2021

 

Sondag 15 November 2020

 

08:00  Mannebiduur

09:30  Kerssangdiens

09:30  Geen Kleuterkerk

09:30  Geen Kategese

18:30  Geen Aanddiens


NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Neem kennis

*Alle Kategese het vir die jaar tot stilstand gekom.

  Dit behels die Kleuterkerk ook (Volgens beplanning begin ons weer in 2021)

*Die Belydenisaflegging het alreeds plaasgevind

*Daar gaan hierdie jaar geen Kategese afsluiting in die saal plaasvind nie

*Erediens van die Goue-Oues vind vandag plaas, ongelukkig geen geselligheid agterna nie

*Volgende Sondag is dit die jaarlikse Kerssangdiens, ‘n groot hoogtepunt 

*Die Kerssangdiens gaan voort soos op die almanak

 

Teeskink beurte vir 2020

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.

Volgende jaar begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

 

Verjaarsdae: 9 November - 15 November

9 November

Alida Anthony

Nellie Van der Merwe

10 November

Sakkie Janse van Rensburg

Dandré Nel

11 November

Ria Adelaar

Marissa Claasens

Antoinette Klingenberg

12 November

Carmen Bezuidenhout

Sumay Pretorius

13 November

Zelmari Aucamp

14 November

Francois Jacobsz

15 November

Thinus Marais

Marelize Taggart

Veels Geluk met die verjaarsdae, mag daar nog vele wees!

 

Gesoek….

‘n Tuinwoonstel vir jong getroudes vanaf Desembermaand.

Maksimum bedrag huur wat bekostig kan word is R4000.

Kontak vir Christi indien jy dalk kan help by 079 879 7334.

 

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer.  Skakel vir Amanda by 083 504 0783.

 

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes.  Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Hennie en Marie Kleynhans se seun het ’n ernstige operasie ondergaan en             

 sterk nog aan

*Alet Mayer het ’n prosedure ondergaan

*Piet Brand is in Wilmedpark

*Pedro Rankin gaan ‘n prosedure ondergaan

*Tersia Britz is in Pretoria in ‘n hospitaal

*Corrie Terblanche het ‘n prosedure ondergaan

*Theo Cloete het ‘n operasie ondergaan

                                           

Neem Kennis….

Daar is Sondag 22 November om 18:00 ‘n gesamentlike Sangdiens, saam met Potchefstroom se Mannekoor.

Dit geskied in die kerkgebou, kom en geniet dit saam met ons.


Novembermaand-Projek

Boks vir ‘n Boer het gestop

Afriforum het nog bokse bedank. Hulle het oorvloedig skenkings gekry. Ons verwelkom egter nog steeds bokse met benodighede, Laerskool Bailliepark het ‘n wonderlike projek waar hulle die behoeftes van mense aanspreek wat verbonde is aan die skool, met ‘n bord gekookte kos, of ander hulpmiddels soos byvoorbeeld kos. Voel vry om enige tyd die bokse wat alreeds gereed is te bring.

My boks kom definitief.


My Tiende … in die Tiende maand 

Die Kerkraad het ‘n besluit geneem om elke jaar in Oktobermaand ‘n spesiale poging aan te wend om die gemeente se finansiële posisie te verbeter.

Ons kan met groot vreugde aankondig dat hierdie jaar se begroting syfer in net twee maande bereik is. 

Weereens het ons gevra en julle het gedeel, genadegawes. 

Baie dankie vir almal se ongelooflike samewerking. Seënwense... 

No comments:

Post a Comment