Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Luister na die stem agter jou
Wanneer jy
die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: "Hier is die
pad, loop hierlangs." (Jes. 30:21)
Jy het waarskynlik ook al die ervaring gehad dat iemand
se naam skielik baie helder in jou gedagtes opkom. Dis of 'n mens 'n
gedrongenheid ervaar om daardie persoon te besoek. In die geroesemoes van die
dag waai die naam egter weer by die venter uit, en jy kom nooit by daardie
persoon uit nie. Ek het net hierdie week weer so 'n ervaring gehad, maar toe
nooit by die betrokke persoon uitgekom nie. Gister loop ek horn raak, en sê toe
ewe skuldig: "Ek het gister so baie aan jou gedink, maar toe nooit daar
uitgekom nie."
"Dis jammer," antwoord hy, "ek het regtig
'n behoefte daaraan gehad. Die groot, donker hand uit my verlede het my weer
stewig in sy greep gehad!"
Wat ons nie besef nie, is dat die Heilige Gees soms so
met ons werk. Wees dus sensitief vir die leiding van die Heilige Gees in jou
lewe. Sorg dat die antenna van jou gees fyn ingestel bly op die hemelse
sendstasie van die Heilige Gees. Luister dan na die influisteringe van die Gees
sodat jou persoonlikheid al meer die van die Here Jesus sal word. Laat toe dat
die Heilige Gees sy salwing op die wonde van jou verlede uitgiet, sodat jou môres
anders kan wees as jou gisters. Gehoorsaam Hom wanneer Hy op 'n sagte manier 'n
opdrag in jou gedagtes en hart lê.
Hoe meer jy jouself oopstel vir die werking van die
Gees van God, na sy stem luister en Hom gehoorsaam, hoe duideliker sal die
beeld van die Here Jesus terselfdertyd in jou lewe sigbaar word.
No comments:
Post a Comment