Friday, 15 April 2016

Oordenking - Luister na die stem agter jou

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

Luister na die stem agter jou

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: "Hier is die pad, loop hierlangs." (Jes. 30:21)

Jy het waarskynlik ook al die ervaring gehad dat iemand se naam skielik baie helder in jou gedagtes opkom. Dis of 'n mens 'n gedrongenheid ervaar om daardie persoon te besoek. In die geroesemoes van die dag waai die naam egter weer by die venter uit, en jy kom nooit by daardie persoon uit nie. Ek het net hierdie week weer so 'n ervaring gehad, maar toe nooit by die betrokke persoon uitgekom nie. Gister loop ek horn raak, en sê toe ewe skuldig: "Ek het gister so baie aan jou gedink, maar toe nooit daar uitgekom nie."

"Dis jammer," antwoord hy, "ek het regtig 'n behoefte daaraan gehad. Die groot, donker hand uit my verlede het my weer stewig in sy greep ge­had!"

Wat ons nie besef nie, is dat die Heilige Gees soms so met ons werk. Wees dus sensitief vir die leiding van die Heilige Gees in jou lewe. Sorg dat die antenna van jou gees fyn ingestel bly op die hemelse sendstasie van die Heilige Gees. Luister dan na die influisteringe van die Gees sodat jou persoonlikheid al meer die van die Here Jesus sal word. Laat toe dat die Heilige Gees sy salwing op die wonde van jou verlede uitgiet, sodat jou môres anders kan wees as jou gisters. Gehoorsaam Hom wanneer Hy op 'n sagte manier 'n opdrag in jou gedagtes en hart lê.

Hoe meer jy jouself oopstel vir die werking van die Gees van God, na sy stem luister en Hom gehoorsaam, hoe duideliker sal die beeld van die Here Jesus terselfdertyd in jou lewe sigbaar word.


No comments:

Post a Comment