Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
God het jou lief
"God het die wêreld so
liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Homglo, nie
verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê" (Joh. 3:16)
Toe die Duitse teoloog
Karl Barth 80 jaar oud was, het 'n groep joernaliste horn in 'n onderhoud gevra
of hy al sy boeke in een sin kon opsom. "Dis maklik," het Barth
geantwoord: "Jesus min my salig lot! Dit weet ek uit die woord van
God."
Wanneer jy
iemand of iets verloor wat vir jou baie werd was, wanneer jou eiewaarde of
toekomsgeluk bedreig word, ervaar 'n mens maklik 'n gevoel van ongedefinieerde
woede. Geleerdes sê dat hierdie woede baiemaal later in depressie omgesit
word. Probleme word soms vererger deur skuldgevoelens. Christene voel dikwels
dat God hulle verwerp het, omdat hulle nie sy liefde en sorg verdien nie.
Christene, so meen hulle, behoort mos altyd vol vreugde en hoop te wees — en
die felt dat hulle dit nie so beleef nie, dompel hulle in 'n geestelike tweestryd.
Miskien voel
jy ook vandag skuldig dat God vir jou so ver en vreemd voel. Dat jy bid en nie
'n antwoord op jou gebede kry nie. Dat jy jou vertroue in God verloor het.
Maar indien jy 'n kind van God is, is daar een ding wat niemand ooit van jou
kan wegneem nie: die feit dat God jou oneindig liefhet. Só lief dat Hy
gewillig was om sy enigste Seun in jou plek te laat sterf sodat jou plek in die
hemel gewaarborg is mits jy in Hom glo.
Al gaan alles
met jou verkeerd, al kan jy uit jouself niks regkry nie, al voel jy hopeloos en
radeloos, kan jy nog steeds vashou aan hierdie lewenslyn: God het jou baie
lief, en omdat Hy jou só liefhet, wil Hy sy vreugde en vrede in jou lewe gee.
Vra Hom sommer nou om dit te doen.
No comments:
Post a Comment