Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
In God se arms
"... Moenie bang
wees nie, moenie vir hulle skrik nie. Julle het in die woestyn ondervind hoe
die Here jullle God julle die hele pad ... gedra het soos 'n man sy seun
dra.'" (Deut. 1:29, 31)
Sommige stories is so holrug gery dat 'n mens
huiwer om hulle hoegenaamd te gebruik, tog bly hulle so lewenswaar dat jy
hulle nie kan uitlaat nie. Almal ken sekerlik die storie van die man wat saam
met God langs die strand gestap het en twee rye voetspore in die sand gesien
het. Syne en God s'n. Maar op sommige plekke, juis wanneer hy in 'n
krisissituasie verkeer het, was daar net een ry spore. "Waar was U dan toe
dit so moeilik met my gegaan het?" wou die man van God weet. "Daardie
tye het Ek jou gedra," was God se antwoord.
God is vandag nog daar
vir sy kinders. Wanneer hulle in krisisse kom, hoef hulle nie bang te word of
te skrik nie, omdat God belowe om hulle deur daardie krisisse te dra. As daar
dinge in die toekoms op jou wag waarvoor jy hoegenaamd nie kans sien nie, kan
jy op God vertrou. Hy onderneem dat Hy ook vir jou deur daardie probleme sal dra
soos wat Hy lank gelede sy volk deur die woestyn gedra het. God wil ook vir jou
dra as daar woestyndae vir jou voorlĂȘ. Hy wil graag vir jou 'n hulp wees.
"Geen troos is
sterker as die sekerheid dat jy midde-in jou nood deur die liefde van God
omsluit word nie," skryf die kerkvader Calvyn. Partykeer verander God nie
dadelik jou omstandighede nie, maar gee Hy jou die wysheid om die krisis te
hanteer en te verwerk. Vertrou Hom om dit te doen, en jy sal ontdek dat wanneer
jy jou krisissituasie met God se hulp een dag op 'n slag hanteer, dit glad nie
so erg is as wat jy gevrees het nie.
No comments:
Post a Comment