Friday, 2 September 2016

Oordenking - Jy is kosbaar vir God

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

Jy is kosbaar vir God

Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. (Jes. 43:4)

'n Mens wat aan spanning ly of depressief is, het gewoonlik ook 'n negatie­we selfbeeld. Hy sien homself as 'n mislukking. Hy worstel met skuldge­voelens en woede — hy is seker dat hy vir niks meer goed is nie, en dat niemand hom liefhet of in hom belangstel nie — ook nie God nie.

As jy op die oomblik sulke negatiewe gevoelens beleef, is dit baie be­langrik dat jy weereens sal besef dat God jou liefhet en aanvaar net soos jy is. En al kan jy op die oomblik nie aan 'n enkele mens dink wat jou onvoor­waardelik liefhet nie, is God nog daar vir jou. Presies hoe kosbaar jy vir Hom is, kan jy in Jesaja 43 se eerste elf verse gaan lees: God het jou ge­maak, Hy het jou op jou naam geroep, jy behoort aan Hom. Hy is bereid om mense in jou plek te gee, volke in ruil vir jou lewe. Hy verseker jou dat Hy by jou sal wees as jy deur water moet gaan, dat riviere jou nie sal wegspoel nie, dat vuur jou nie sal skroei nie. Hy het jou na sy beeld ge­skape, staan daar in Genesis 1:27. Hy het jou net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en jou met eer en aansien gekroon, sĂȘ die digter in Psalm 8:6. En, die onomstootlikste bewys van almal: Hy het sy Seun gegee om aan 'n kruis te sterf, sodat jou sondes vergewe kan word.


Vir God is jy dus baie belangrik, alhoewel Hy groot en almagtig en jy klein en nietig is. Hy het jou spesiaal gekies om sy kind te wees. Wanneer jy weer voel dat jy minderwaardig is, dat jy nie raakgesien en waardeer word nie, onthou hoe kosbaar jy vir God is. En dit is mos onmoontlik om depressief te bly as God jou so liefhet!

No comments:

Post a Comment