Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
GAAN DOEN DIE SEËN
VAN DIE HERE ELKE DAG
As iemand weet wat die regte ding is om te
doen en hy doen dit nie, is dit sonde. (Jak.
4:17)
Ons gesels oor God se seën. God se
heel grootste seënbewys aan ons in die kruisgebeure geleë. Ons staan reg in
die middel van God se fontein van seëninge as ons hierdie goeie nuus glo. Die
Here se seën is nie maar net afhanklik van 'n paar goeie dinge wat hier en nou
met ons gebeur nie. Anders as wat die meeste mense dink, is die Here se seën
iets wat gelowiges elke dag mag ondervind. Maar dit val nie maar net asof
vanuit die niet op ons neer nie. Nee, ons moet ook iets doen om sy seën te mag
ervaar. Ons moet ons hart met God se woorde volmaak.
'n Mens beleef die Here se seën as
jy jou lewe in pas met God bring en dit ook so hou. Wanneer jy al jou skatte op
die regte plek belê het, is jy een van daardie min gelukkige mense wat kan
bekostig om so 'n bietjie meer sorgvry as die res van moederaarde se bewoners
te leef.
'n Mens moet God se seën elke dag
doen. Miskien klink hierdie woorde vir jou vreemd. Maar dit is min of meer wat
Jakobus vir ons wil sê. Wanneer jy weet wat die regte dinge is om te doen; dit
wil sê, daardie dinge wat God se hart bly maak, en jy doen dit nie, dan doen jy
tog wel iets, maar daardie "iets" word egter deur Jakobus as sonde
omskryf. Om goeie dinge te doen, plaas jou binne die ruimte van God se seën,
terwyl sondes jou daarvan uitsluit. Daarom roep Jakobus ons op om reg te lewe;
om dit te doen wat ons hand vind om tot eer van God en tot voordeel van ander
te doen. Ons moet onsself dus as 't ware binne in die blikveld van God se seën
inwerk.
No comments:
Post a Comment