Tuesday, 30 March 2021

Die positiewe kant van Covid 19

DIE POSITIEWE KANT VAN COVID 19

Covid 19 het die wêreld onverwags en onvoorbereid getref.  HIV-VIGS was onder beheer, maar skielik was hier ‘n nuwe, gevaarliker en bedreigende vyand in ons midde.  Nuwe vrese het paniek laat onstaan en mediese navorsers het rondgeskarrel om oplossings vir die onbekende virus wat baie mense siek maak, en ander hulle lewens laat verloor, te vind.   Ons het besef dat ons met ‘n krisis te make het, en dat nuwe uitdagings ons in die gesig staar.

Ons lewensstyl moes oornag verander en die toekoms wat ons gesondheid betref, was onseker en saam daarmee het angstigheid ontstaan vanweë die gebrek aan kennis oor die virus en die gevolge daarvan  Ons was met onsself gekonfronteer en ons het met ander oë ook na ons omgewing begin kyk. Ons het gaandeweg begin besef dat ons met nuwe, onvoorspelbare omstandighede sal moet saamleef en oplossings  op beide emosionele en konkrete gebied sal moet vind met die wete dat die Covid 19 virus ons nie onaangeraak sal laat nie. Ontkenning was vir baie van ons ‘n uitweg maar dit het nie aaklige waarheid van die statistieke laat verdwyn nie.

Ons  ervarings van Covid 19 het ons die skrik op die lyf gejaag maar het tog ook positiewe gevolge wat ook in die toekoms uitgewys sal word. Die Covid pandemie het ons genoop om  die “nuwe normaal” te aanvaar met die besef dat dit  ‘n nuwe lewenswyse sal word wat met nuwe aanpassings gekenmerk sal word want ons weet nie hoe lank die virus nog ‘n bedreiging sal wees nie.

Isak Burger voel dat daar in die jaar van inperking meer mense hulle lewe aan God gewy het as in enige jaar tevore.  Hy noem ook dat in vele lande waar daar reeds jarelange onderdrukking en vervolging is, kwalitatiewe en kwantitatiewe groei van die kerk bevorder eerder as benadeel is.  Verder meld hy dat terwyl kerkdienste verbied of ingeperk is, is daar wêreldwyd meer Bybels elektronies versprei en word meer mense deur die Evangelie op sosiale media bereik as ooit tevore. Kerkdienste was verbied wat baie van ons die waarde van gesamentlike aanbieding laat besef het en ‘n nuwe waardering van kerkdienste laat maak het toe beperkings gelig is. Ons het ons gesinne, vriende en gesondheidswerkers met groter dringendheid aan die Here in gebede begin opdra met ‘n groter bewustheid van ons afhanklikheid van God.  Covid 19 het dus op geestelike gebied groot en belangrike veranderings tot gevolg gehad.

Die impak van die pandemie op die ekonomie en nuusberigte oor mense wat hulle werk verloor het en sonder inkomste gelaat, het ons by hernuwing die noodsaaklikheid van barmhartlikheid laat besef en het ons geleenthede aangegryp om te gee. Ons het besef hoe nodig ons mekaar in tye van nood het.

Weens veiligheidsmaatreës wat deur regerings- en gesondheidsinstansies voorgestel is, het ons ook baie bewus geraak van ons gesondheid  en ‘n nuwe waardering daarvoor ontwikkel,  ook vir die lewe in die lig van die dodelike virus. Ons het ons gedissiplineerdheid begin opskerp met ook ‘n groter bewustheid van ons verantwoordelikheid teenoor ander. 

Ter opsomming kan gesê word dat, benewens die hartseer en verliese wat Covid 19 veroorsaak het en nog steeds doen, ‘n positiewe uitkoms is dat ons voortdurend ons lewenswyses- en styl innerlik en na buite moes ondersoek het in pogings om nuwe aanpassings te maak in ‘n onvoorspelbare situasie.

Ons weet nie hoe die virus ons in die toekoms nog gaan raak nie, maar ons is beslis meer paraat en voorbereid daarvoor as ‘n jaar gelede.

Pedro Rankin

Friday, 26 March 2021

Nuusbrief 28 Maart

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 28 Maart 2021

Koning van die konings

U planne vir die wêreld en vir U kinders is vergete al gemaak. In U boek is alles lankal opgeskrywe. U hou U hand oor U mense, U voetspoor is hul padkaart, U arms hul heel beste troos. Daarom buig ons lag net voor U o Heer. Voor U, Koning van die konings. Ons volg U met oorgawe en roep met ons hele lewe uit: Jesus is vir ewig Koning. My Koning.

Sondag 28 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens- Ds H Roelofse “Kyk die Koning is hier”

      Lukas 19:28-48

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Tee by die luik

10:30  Kategese (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

18:30  Aanddiens– Ds H Roelofse “Portret van Jesus”

      Lukas 22:66 tot 23:1 en vers 5

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 29 Maart

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Dinsdag 30 Maart

18:00  Taakspan vergadering in die saal

Donderdag 1 April

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Vrydag 2 April

08:00  Erediens en Nagmaal

    Indien daar enige veranderinge gaan plaasvind, sal ons betyds kommunikeer.

Sondag 4 April 2021

08:00  Geen Mannebiduur

09:30  Paasdiens

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese

10:30  Geen Kategese  (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

18:30  Geen Aanddiens

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Dirk Mc Inerny is in Potch-Hospitaal

*Conrad en Lucinda Verwey met een tweelingseuntjie

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

Teeskink beurte vir 2021 

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.

Binnekort begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

Verjaarsdae: 29 Maart tot 3 April

29 Maart

Ankie Uys

31 Maart

Marchaan Jv Rensburg-

Laudis Meyer

1 April

OJ Labuschagne

Giel Strydom

Elodie Vd Merwe-

2 April

SJ Freysen-

Jack Olivier

3 April

Corné Verwey

Mag elkeen van julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!

Neem kennis… Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by  083 504 0783.

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal.  Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen:  082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Onthou ons volgende verkoping!!

Dit vind plaas Vrydag 16 April vanaf 12 uur. Ek gaan slegs tot 16:00 beskikbaar wees.Ons verkoop pannekoek, cupcakes en ander lekker dinge. 

Baie dankie vir elkeen se bydrae, sonder julle sal daar nie ‘n verkoping kan wees nie. Dankie ook aan die wat help met die werk en voorbereiding.

Neem Kennis….

Weens soveel veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender nie. Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik volgens die almanak. Lees asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie dankie

Ned Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek

Leraars: Ds Eljam Vosloo - 081 039 3088

        Ds H Roelofse - 082 789 6855

Saakgelastigde: Heleen Deysel - 082 570 2332

Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)

          Kerkkantoor -(018) 290 5988

Rekening besonderhede: NG Kerk Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

Verkopings 2021

Groot onsekerheid heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-

Pandemie. Daarom het ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word.  So kry ons kans om aankope te doen en te beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 16 April plaas, en dit begin om 12:00 - 16:00. Produkte wat te koop is: Pannekoek, Cupcakes asook ander lekkernye. Kom ondersteun ons asb.

Neem Kennis…

Ons benodig nog die hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse). Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr 10. Daar behoort 2 persone per graad te wees, ons het in sommige grade net 1 persoon. Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.

Vir jou dankoffer betaling die volgende Inligting.

NG Gemeente Potch Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

Uitnodiging…

Potchefstroom se Mannekoor tree onder Babs Brouwer op in ‘n Paasprogram Sondag 28 Maart 2021 om 18:00 in die Gereformeerde Kerk in Thabo Mbeki rylaan (langs Standerdbank).

Dit is ‘n besondere program en almal is welkom.

Tuesday, 23 March 2021

'n Kritiese vraag aan die Kerk: Is Covid 19 God se straf?

Is Covid 19 God se straf?

Andries Liebenberg, Februarie 2021

Wanneer ‘n groot ramp soos die huidige Covid-19 epidemie ons tref is die vraag wat onmiddellik by gelowiges opkom, is die rampe epidemies wat die wêreld tref God se straf op ons sonde? Dit is dieselfde vraag wat Job se vriende gevra het. Hul het geredeneer dat die enigste verklaring vir Job se probleme is dat hy gesondig het en daarom deur God gestraf word. God het geantwoord dat sy vriende verkeerd is. Jesus het in Joh. 9 gesê dat nie die blinde man of sy ouers gesondig het nie. Wat gebeur het was bedoel om God te verheerlik. Dit wat met die blinde man en Job gebeur het was buite hulle beheer. Die Bybel leer ons dat die doel daarmee was sodat God verheerlik kan word deur hulle lewens. Dieselfde geld nou ook vir die Covid-19 pandemie. Ons optrede as gelowiges behoort ook te getuig dat ons dit sien as geleentheid om God te verheerlik deur die wyse waarop ons uitreik na mense wat swaar getref word deur die gevolge van die inperkings of die dood van geliefdes. Terselfdertyd kan ons God verheerlik deur die verantwoordelikheid te aanvaar om alle voorsorg te tref dat ons die siekte versprei ander mense aansteek wat moontlik kan sterf.

Die Bybel leer ons dat God wel sonde straf waar ons ongehoorsaam aan sy gebooie is. Adam en Eva was in die Paradys ongehoorsaam aan God se bevel. God se straf was verbanning uit die Paradys, ‘n verbreking in die intieme verhouding met God, siekte, pyn en harde werk om ‘n bestaan te maak. Hierdie straf geld ook vir ons as hulle nageslag. Ons het die vermoë om tussen reg en verkeerd te kies en is van nature geneig om teen God te kies soos wat Paulus Rom. 7:19 kla “die goeie wat ek wil doen, doen ek nie maar die slegte wat ek nie wil nie, dit doen ek”. God het ons egter nie afgeskryf nie. Deur die eeue het Hy uitgereik tot gewone sondige mense deur hul uit genade te red ten spyte van ‘n swak geloof en ongehoorsaamheid. Uiteindelik het Hy na ons gekom om as mens die straf op ons sonde te dra sodat die wat glo gered kan word. Ten spyte van die sondige aard van die mensdom delg God ons nie uit nie vanweë sy algemene genade soos wat Jesus ons leer in die gelykenis van die onkruid tussen die koring wat nie voor die oestyd uitgetrek word nie (Mat. 13: 24 – 30).

Alhoewel God sonde vergewe moet ons die verantwoordelikheid vir die gevolge van ons verkeerde keuses aanvaar. Dit bring ons weer by ons reaksie op die Covid epidemie. Daarvan getuig my gewilligheid om die algemene beheermaatreëls te gehoorsaam en of ek bereid is om my te laat inent. As ek nie bereid is om alle moontlike stappe te neem om veilig te lewe en te voorkom dat ek ander aansteek, stel ek nie net my eie gesondheid en lewe in gevaar nie maar ook dié van almal met wie ek in aanraking kom. As ons om selfsugtige redes net wil doen wat gerieflik of aangenaam is sonder om ander in ag te neem dan is die liefde van Christus nie in ons nie en word God nie verheerlik deur ons getuienis nie.

Die Covid epidemie is dus nie ‘n straf vir ons sonde nie maar ‘n toets vir ons getuienis as Christene. Dit stel die uitdaging aan ons om uit liefde, ter wille van die welsyn van ons medemense, opofferings te maak wat getuig dat ons hul welsyn bo ons eie gerief of gemak stel.

Friday, 19 March 2021

Nuusbrief 21 Maart 2021

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 21 Maart 2021         

Ons nuwe identiteit….

Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk verkies. Julle is ‘n koninkryk wat uit priesters bestaan, ‘n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ‘n volk wat heeltemal God s’n is.

Dít het God bewerk sodat julle almal kan wys hoe goed hy is. Dit is immers Hy wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.

Sondag 21 Maart 2021

08:00  Geen Mannebiduur

09:30  Erediens- Ds H Roelofse “Liefde vir God met hele menswees”

      Markus 12:28-34

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Tee by die luik

10:30  Geen Kategese (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

18:30  Geen Aanddiens

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 22 Maart

Kantoor gesluit

17:15  Geen Bybelstudie

Dinsdag 23 Maart

18:00  Taakspan vergader in die saal

Donderdag 25 Maart

18:30  Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Vrydag 26 Maart

12:00  Verkoping begin, plaas vroegtydig jou bestelling

Sondag 28 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens :Palmsondag

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr1-6)

10:30  Kategese  (Gr 7-10)

10:30  Belydenisgroep

18:30  Aanddiens

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Gerrie Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal

*Dirk Mc Inerny is in Potch-Hospitaal

*Conrad en Lucinda Verwey met een tweelingseuntjie

*Alida Mostert is in die hospitaal

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

Teeskink beurte

vir 2021

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning. 

Binnekort begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak  met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

Verjaarsdae: 21 Maart tot 27 Maart

21 Maart

Karin Smith

Luan Theart

22 Maart

Neels De Witt

23 Maart

Santa Smal

Natalie Strydom

25 Maart

Tersia Beyleveld

Pierre Breitenbach

Ruan Coetzee

Drikus Marais

Albrecht Strydom

Simeon Van Vreden

26 Maart

Judith Badenhorst

Nakkie Strydom

Louanne Warren

27 Maart

Erasmus Esterhuizen

Brendon Jacobsz

Iloné Laubscher

Alet Mayer

20 Maart

Anoux Botha

Mag elkeen van julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!

Neem kennis… Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by  083 504 0783.

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal.  Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen:  082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Onthou ons volgende verkoping!!

Dit vind plaas Vrydag 26 Maart vanaf 12 uur. Ek gaan slegs tot 16:00 beskikbaar wees, daar is geen rede om te wag tot 18:00 nie. Ons verkoop boereworsrolle,

Beskuit en kleinkoekies. Baie dankie vir die vorige rondte, ons het R5 700,00 vir die dag geïn. Sonder julle hulp sou dit nie

kon gebeur nie.

Neem Kennis….

Weens soveel veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender nie.  Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik  volgens die almanak.  Lees asseblief julle  W’app boodskappe.  Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie dankie

Ned Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek

Leraars: Ds Eljam Vosloo - 081 039 3088

       Ds H Roelofse - 082 789 6855

Saakgelastigde: Heleen Deysel 082 570 2332

Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)

Kerkkantoor -(018) 290 5988

Rekening besonderhede:

NG Kerk Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

Verkopings 2021

Groot onsekerheid heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-

Pandemie. Daarom het ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word.  So kry ons kans om aankope te doen en te beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 26 Maart plaas, en dit begin om 12:00 - 16:00. Produkte wat te koop is: Kleinkoekies, Boereworsrolle asook beskuit. Kom ondersteun ons asb.

Neem Kennis…

Ons benodig nog die hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse).  Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr 10.  Daar behoort 2 persone per graad te wees, ons het in sommige grade net 1 persoon.  Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.

Vir jou dankoffer betaling die volgende Inligting.

NG Gemeente Potch Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

Friday, 12 March 2021

Nuusbrief 14 Maart

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 14 Maart 2021             

Die Here stuur elkeen van ons om ‘n verskil in die wêreld te maak. Ons is God se sendelinge!

‘n Belangrike deel van ons taak is om te bid vir diegene wat op plekke die Evangelie uitdra waar ons nie kan kom nie. Die Engelse sendeling William Carrey (1800) het gesê:Daar vêr in Indië is ‘n goudmyn van siele vir die koninkryk. Ek sal daar-in afsak en hulle gaan soek. Maar terwyl ek delf, moet julle by die huis, my medegelowiges, asseblief die toue vir my vashou.

Sondag 14 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens- Ds E Vosloo “Christus se versorgende liefde”

      Johannes 19:25-27

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Tee by die luik

10:30  Kategese (Gr 7-10)

10:30  Belydenisgroep

18:30  Aanddiens - Ds H Roelofse “ Kom ons plaas ons lewens op die altaar” Genise 12:1-9

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 15 Maart

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Donderdag 18 Maart

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Maandag 22 Maart

Menseregte dag –Kantoor is gesluit

Sondag 21 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese

10:30  Geen Kategese  (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

18:30  Geen Aanddiens

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes.  Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Gerrie Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal

*Dirk Mc Inerny is in Potch-Hospitaal

*Conrad en Lucinda Verwey met een tweelingseuntjie

*Ina Theart het ‘n operasie ondergaan

*Alida Mostert is in die hospitaal

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

Teeskink beurte vir 2021 

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning. 

Binnekort begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak  met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

Verjaarsdae: 14 Maart tot 20 Maart

14 Maart

TC Coetzee

Gideon Hugo

Ilze Nolte

15 Maart

Iané Alberts

16 Maart

Lizelle Van Niekerk

17 Maart

Ina Hefer

Hendrik Nel

18 Maart

Henk Alberts

Coenraad Erasmus

19 Maart

Elsabé Blom

Gideon Du Toit

Dirk Grobler-

20 Maart

Anoux Botha

Mag elkeen van julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal.  Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen:  082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Neem Kennis….

Weens soveel veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender nie. Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik volgens die almanak. Lees asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie dankie

Ned Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek

Leraars: Ds Eljam Vosloo - 081 039 3088

      Ds H Roelofse - 082 789 6855

Saakgelastigde: Heleen Deysel 082 570 2332

Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)

          Kerkkantoor -(018) 290 5988

Rekening besonderhede:

NG Kerk Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam

Verkopings 2021

Groot onsekerheid heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-

Pandemie. Daarom het ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word.  So kry ons kans om aankope te doen en te beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 26 Maart plaas, en dit begin om 12:00 - 18:00. Produkte wat te koop is: Kleinkoekies, bakkies Kerrie en rys asook ander lekkernye. Kom ondersteun ons asb.

Herkies as Kerksraadlid

*Willie Venter

Neem Kennis…

Ons benodig nog die hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse).  Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr 10. Daar behoort 2 persone per graad te wees, ons het in sommige grade net 1 persoon. Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.

Vir jou dankoffer betaling die volgende Inligting.

NG Gemeente Potch Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

Friday, 5 March 2021

Nuusbrief 7 Maart 2021

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 7 Maart 2021

So stuur Ek julle is ons tema vir die jaar.  Dit is woorde reg uit die hart van God aan sy kerk op aarde.  Elke gelowige word na buite gestuur om ons wêreld ‘n beter plek te maak met ons glimlagte, woorde en omgeedade!

Sondag 7 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens- Ds H Roelofse “Die skuldbrief is weg” Kol 2:6-9 en vers 14

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Tee by die luik

10:30  Kategese (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

18:30  Aanddiens - Ds E Vosloo

      “ Die oudste en jongste seun by die kruis” Luk 23:32-43

DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 8 Maart

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Woensdag 10 Maart

Geen Basaarvergadering

Donderdag 11 Maart

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Sondag 14 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Kategese  (Gr 7-10)

10:30  Belydenisgroep

18:30  Aanddiens

 Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Gerrie Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal, 082 553 3690

*Dirk Mc Inerny is in Potch-Hospitaal, 076 806 9074

*Conrad en Lucinda Verwey met hul vroeggebore tweeling, 082 257 0317

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

Innige Meegevoel

Aan John Taggart en kinders, met die afsterwe van Rina. Die roudiens het alreeds plaasgevind. 

Teeskink beurte

vir 2021

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning. 

Binnekort begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

Verjaarsdae: 7 Maart tot 13 Maart

7 Maart

Liam Enslin-076 423 3686

8 Maart

Christine Coetzee

Petrus Maass

Ina Muller

10 Maart

Mienke Els

Leanné Laubscher

11 Maart

Altus Klingenberg

Alex Munro

Petrie Potgieter-

Nicky Pretorius

Magriet Uys

Makie Van Der Walt

12 Maart

Kaitlyn Bezuidenhoud-

Anette Du Toit

Rudolf Lemmer

Leana Wagner

13 Maart

Marthie Cronje

Frans Le Roux

Mag elkeen van julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.

NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal. Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

Neem Kennis….

Weens soveel veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender nie. Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik volgens die almanak. Lees asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie dankie

Ned Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek

Leraars: Ds Eljam Vosloo - 081 039 3088

              Ds H Roelofse - 082 789 6855

Saakgelastigde: Heleen Deysel 082 570 2332

Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)

                     Kerkkantoor -(018) 290 5988

Rekening besonderhede: NG Kerk Vyfhoek

                   ABSA,Rek no: 680 590 036, Verwysing: Jou naam en wyk