Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 21 Maart 2021
Ons nuwe identiteit….
Dit geld egter nie
vir julle nie, want God het júlle as sy volk verkies. Julle is ‘n koninkryk wat
uit priesters bestaan, ‘n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ‘n volk
wat heeltemal God s’n is.
Dít het God bewerk sodat julle almal kan wys hoe goed hy is. Dit is immers Hy wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.
Sondag 21 Maart 2021
08:00 Geen Mannebiduur
09:30 Erediens- Ds H Roelofse “Liefde vir God
met hele menswees”
Markus
12:28-34
09:30 Geen Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Geen Tee by die luik
10:30 Geen Kategese (Gr 7-10)
10:30 Geen Belydenisgroep
18:30 Geen Aanddiens
DAGBOEK VAN
NG-VYFHOEK
Maandag 22 Maart
Kantoor gesluit
17:15 Geen Bybelstudie
Dinsdag 23 Maart
18:00 Taakspan vergader in die saal
Donderdag 25 Maart
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla
indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Vrydag 26 Maart
12:00 Verkoping begin, plaas vroegtydig jou bestelling
Sondag 28 Maart 2021
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens :Palmsondag
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr1-6)
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Belydenisgroep
18:30 Aanddiens
Voorbidding vir die volgende siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy
is.
Ondersteuning is geweldig belangrik.
*Gerrie
Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal
*Dirk Mc Inerny is
in Potch-Hospitaal
*Conrad en Lucinda
Verwey met een tweelingseuntjie
*Alida Mostert is
in die hospitaal
‘n Veilige en
spoedige herstel word aan julle toegewens.
Teeskink beurte
vir 2021
Daar is ongelukkig
geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Binnekort begin ons
weer met hierdie diens.
Indien jy belangstel
om daarmee te help, kontak met jou naam,
ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570 2332
Verjaarsdae: 21 Maart
tot 27 Maart
21 Maart
Karin Smith
Luan Theart
22 Maart
Neels De Witt
23 Maart
Santa Smal
Natalie Strydom
25 Maart
Tersia Beyleveld
Pierre Breitenbach
Ruan Coetzee
Drikus Marais
Albrecht Strydom
Simeon Van Vreden
26 Maart
Judith Badenhorst
Nakkie Strydom
Louanne Warren
27 Maart
Erasmus Esterhuizen
Brendon Jacobsz
Iloné Laubscher
Alet Mayer
20 Maart
Anoux Botha
Mag elkeen van julle
‘n wonderlike geseënde dag ervaar!
Neem kennis… Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes,
gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel
vir Amanda by 083 504 0783.
NG Vyfhoek
kommunikasie:
Dit is hoe ons
boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die
boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om
die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081
039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers
nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!
Onthou ons volgende
verkoping!!
Dit vind plaas Vrydag
26 Maart vanaf 12 uur. Ek gaan slegs tot 16:00 beskikbaar wees, daar is
geen rede om te wag tot 18:00 nie. Ons verkoop boereworsrolle,
Beskuit en
kleinkoekies. Baie dankie vir die vorige rondte, ons het R5 700,00 vir die dag
geïn. Sonder julle hulp sou dit nie
kon gebeur nie.
Neem Kennis….
Weens soveel
veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die
kerk-kalender nie. Skool kwartale het
alreeds verander en ons werk gewoonlik
volgens die almanak. Lees
asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie
dankie
Ned Gereformeerde
Kerk Potchefstroom –Vyfhoek
Leraars: Ds Eljam
Vosloo - 081 039 3088
Ds H Roelofse - 082 789 6855
Saakgelastigde:
Heleen Deysel 082 570 2332
Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)
Kerkkantoor -(018) 290 5988
Rekening
besonderhede:
NG Kerk Vyfhoek
ABSA
Rek no: 680 590 036
Verwysing: Jou naam
en wyk
Verkopings 2021
Groot onsekerheid
heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-
Pandemie. Daarom het
ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan
soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die
Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word. So kry ons kans om aankope te doen en te
beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal
gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 26 Maart plaas, en
dit begin om 12:00 - 16:00. Produkte wat te koop is: Kleinkoekies, Boereworsrolle
asook beskuit. Kom ondersteun ons asb.
Neem Kennis…
Ons benodig nog die
hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse). Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr
10. Daar behoort 2 persone per graad te
wees, ons het in sommige grade net 1 persoon.
Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.
Vir jou dankoffer
betaling die volgende Inligting.
NG Gemeente Potch
Vyfhoek
ABSA
Rek no: 680 590 036
Verwysing: Jou naam
en wyk
No comments:
Post a Comment