Friday, 12 March 2021

Nuusbrief 14 Maart

 

Welkom by die Erediens

Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek

Sondag 14 Maart 2021             

Die Here stuur elkeen van ons om ‘n verskil in die wêreld te maak. Ons is God se sendelinge!

‘n Belangrike deel van ons taak is om te bid vir diegene wat op plekke die Evangelie uitdra waar ons nie kan kom nie. Die Engelse sendeling William Carrey (1800) het gesê:Daar vêr in Indië is ‘n goudmyn van siele vir die koninkryk. Ek sal daar-in afsak en hulle gaan soek. Maar terwyl ek delf, moet julle by die huis, my medegelowiges, asseblief die toue vir my vashou.


Sondag 14 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens- Ds E Vosloo “Christus se versorgende liefde”

      Johannes 19:25-27

09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)

10:30  Geen Tee by die luik

10:30  Kategese (Gr 7-10)

10:30  Belydenisgroep

18:30  Aanddiens - Ds H Roelofse “ Kom ons plaas ons lewens op die altaar” Genise 12:1-9


DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK

Maandag 15 Maart

17:15  Bybelstudie in die konsistorie

Donderdag 18 Maart

18:30 Timoteusgroepbyeenkoms, kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.

Maandag 22 Maart

Menseregte dag –Kantoor is gesluit

 

Sondag 21 Maart 2021

08:00  Mannebiduur

09:30  Erediens

09:30  Geen Kleuterkerk en Kategese

10:30  Geen Kategese  (Gr 7-10)

10:30  Geen Belydenisgroep

 

18:30  Geen Aanddiens

 

Voorbidding vir die volgende siekes…

Indien daar van jou geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor.  Dit is moeilik om inligting rakende lidmate by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die afsterwe van geliefdes.  Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy is.  

Ondersteuning is geweldig belangrik.

*Gerrie Bezuidenhoud is in Potch-Hospitaal

*Dirk Mc Inerny is in Potch-Hospitaal

*Conrad en Lucinda Verwey met een tweelingseuntjie

*Ina Theart het ‘n operasie ondergaan

*Alida Mostert is in die hospitaal

‘n Veilige en spoedige herstel word aan julle toegewens.

           

Teeskink beurte vir 2021 

Daar is ongelukkig geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie. 

Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning. 

Binnekort begin ons weer met hierdie diens.

Indien jy belangstel om daarmee te help, kontak  met jou naam, ek sal dit baie waardeer.

Heleen - 082 570 2332

 

Verjaarsdae: 14 Maart tot 20 Maart

14 Maart

TC Coetzee

Gideon Hugo

Ilze Nolte

15 Maart

Iané Alberts

16 Maart

Lizelle Van Niekerk

17 Maart

Ina Hefer

Hendrik Nel

18 Maart

Henk Alberts

Coenraad Erasmus

19 Maart

Elsabé Blom

Gideon Du Toit

Dirk Grobler-

20 Maart

Anoux Botha

Mag elkeen van julle ‘n wonderlike geseënde dag ervaar!

 

Neem kennis…

Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes, gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel vir Amanda by 083 504 0783.


NG Vyfhoek kommunikasie:

Dit is hoe ons boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin.  Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting kommunikasie kanaal.  Ek stuur die boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen:  082 570 2332 en Ds Eljam 081 039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!

 

Neem Kennis….

Weens soveel veranderinge wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender nie. Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik volgens die almanak. Lees asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop deurgegee. Baie dankie

 

Ned Gereformeerde Kerk Potchefstroom –Vyfhoek

Leraars: Ds Eljam Vosloo - 081 039 3088

      Ds H Roelofse - 082 789 6855

Saakgelastigde: Heleen Deysel 082 570 2332

Kantoorure: Vanaf 08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)

          Kerkkantoor -(018) 290 5988

Rekening besonderhede:

NG Kerk Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam

 

Verkopings 2021

Groot onsekerheid heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-

Pandemie. Daarom het ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word.  So kry ons kans om aankope te doen en te beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 26 Maart plaas, en dit begin om 12:00 - 18:00. Produkte wat te koop is: Kleinkoekies, bakkies Kerrie en rys asook ander lekkernye. Kom ondersteun ons asb.

 

Herkies as Kerksraadlid

*Willie Venter

 

Neem Kennis…

Ons benodig nog die hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse).  Dit wissel vanaf die kleuterklassie tot Gr 10. Daar behoort 2 persone per graad te wees, ons het in sommige grade net 1 persoon. Indien jy bereid is om te help, kontak my asseblief by 082 570 2332.

 

Vir jou dankoffer betaling die volgende Inligting.

NG Gemeente Potch Vyfhoek

ABSA

Rek no: 680 590 036

Verwysing: Jou naam en wyk

No comments:

Post a Comment