Ned Geref Kerk Potchefstroom-Vyfhoek
Sondag 28 Maart 2021
Koning van die
konings
U planne vir die
wêreld en vir U kinders is vergete al gemaak. In U boek is alles lankal opgeskrywe.
U hou U hand oor U mense, U voetspoor is hul padkaart, U arms hul heel beste
troos. Daarom buig ons lag net voor U o Heer. Voor U, Koning van die konings. Ons
volg U met oorgawe en roep met ons hele lewe uit: Jesus is vir ewig Koning. My
Koning.
Sondag 28 Maart 2021
08:00 Mannebiduur
09:30 Erediens- Ds H Roelofse “Kyk die Koning
is hier”
Lukas 19:28-48
09:30 Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30 Geen Tee by die luik
10:30 Kategese (Gr 7-10)
10:30 Geen Belydenisgroep
18:30 Aanddiens– Ds H Roelofse “Portret van
Jesus”
Lukas
22:66 tot 23:1 en vers 5
DAGBOEK VAN
NG-VYFHOEK
Maandag 29 Maart
17:15 Bybelstudie in die konsistorie
Dinsdag 30 Maart
18:00 Taakspan vergadering in die saal
Donderdag 1 April
18:30 Timoteusgroepbyeenkoms,
kontak vir Carla indien jy wil inskakel, 082 552 9642.
Vrydag 2 April
08:00 Erediens en Nagmaal
Indien daar enige veranderinge gaan plaasvind,
sal ons betyds kommunikeer.
Sondag 4 April 2021
08:00 Geen Mannebiduur
09:30 Paasdiens
09:30 Geen Kleuterkerk en Kategese
10:30 Geen Kategese (Gr 7-10)
10:30 Geen Belydenisgroep
18:30 Geen Aanddiens
Voorbidding vir die
volgende siekes…
Indien daar van jou
geliefdes in die hospitaal is, kontak die Leraars of die kantoor. Dit is moeilik om inligting rakende lidmate
by die onderskeie hospitale te kry. Stel ons ook asseblief in kennis as daar
enige vreugde met die geboorte van ‘n nuweling is, of die teendeel met die
afsterwe van geliefdes. Selfs al is hulle nie van ons gemeente nie, onthou jy
is.
Ondersteuning is geweldig belangrik.
*Dirk Mc Inerny is
in Potch-Hospitaal
*Conrad en Lucinda Verwey met een tweelingseuntjie
‘n Veilige en
spoedige herstel word aan julle toegewens.
Teeskink beurte vir 2021
Daar is ongelukkig
geen tee of koffie beskikbaar na die Erediens nie.
Hierdie reëling is die gevolg van die protokol wat getref is tydens Erediensbywoning.
Binnekort begin ons
weer met hierdie diens.
Indien jy belangstel
om daarmee te help, kontak met jou naam, ek sal dit baie waardeer.
Heleen - 082 570 2332
Verjaarsdae: 29 Maart
tot 3 April
29 Maart
Ankie Uys
31 Maart
Marchaan Jv Rensburg-
Laudis Meyer
1 April
OJ Labuschagne
Giel Strydom
Elodie Vd Merwe-
2 April
SJ Freysen-
Jack Olivier
3 April
Corné Verwey
Mag elkeen van julle
‘n wonderlike geseënde dag ervaar!
Neem kennis… Daar is ‘n haarkapster wat bereid is om na bejaardes,
gestremdes en siekes se huise te gaan om hulle hare te sny en stileer. Skakel
vir Amanda by 083 504 0783.
NG Vyfhoek
kommunikasie:
Dit is hoe ons
boodskappe uit die kantoor met inligting aan die gemeente begin. Dit geskied per Whats’App en is ‘n eenrigting
kommunikasie kanaal. Ek stuur die
boodskappe, almal ontvang dit, maar net ek kan jou boodskap terug ontvang. Om
die boodskappe te ontvang, stoor ons nommers op jou foon, Heleen: 082 570 2332 en Ds Eljam 081
039 3088 en die gesprekskanale is oop. As jy die nommers
nie stoor nie, gaan die boodskappe nie deur nie!
Onthou ons volgende
verkoping!!
Dit vind plaas Vrydag
16 April vanaf 12 uur. Ek gaan slegs tot 16:00 beskikbaar wees.Ons verkoop pannekoek,
cupcakes en ander lekker dinge.
Baie dankie vir
elkeen se bydrae, sonder julle sal daar nie ‘n verkoping kan wees nie. Dankie
ook aan die wat help met die werk en voorbereiding.
Neem Kennis….
Weens soveel veranderinge
wat plaasvind agv die Covidpandemie, volg ons lankal nie meer die kerk-kalender
nie. Skool kwartale het alreeds verander en ons werk gewoonlik volgens die
almanak. Lees asseblief julle W’app boodskappe. Alle reëlings word hierop
deurgegee. Baie dankie
Ned Gereformeerde
Kerk Potchefstroom –Vyfhoek
Leraars: Ds Eljam
Vosloo - 081 039 3088
Ds H Roelofse - 082 789 6855
Saakgelastigde:
Heleen Deysel - 082 570 2332
Kantoorure: Vanaf
08:00 tot 13:00 (ngvyfhoek@gmail.com)
Kerkkantoor -(018) 290 5988
Rekening
besonderhede: NG Kerk Vyfhoek
ABSA
Rek no: 680 590 036
Verwysing: Jou naam
en wyk
Verkopings 2021
Groot onsekerheid
heers oor die huidige stand van sake, rakende die Covid-
Pandemie. Daarom het
ons dit goed gedink om weer met die verkopings in die saal te begin. Dit gaan
soos volg werk: ons gee betyds deur wat te koop is, en die bestellings moet die
Woensdag voor die verkoping om 12 uur deurgegee word. So kry ons kans om aankope te doen en te
beplan. Ons vra asseblief weer julle hulp met die maak en verkoop, julle sal
gekontak word. Die volgende verkoping vind op Vrydag 16 April plaas, en
dit begin om 12:00 - 16:00. Produkte wat te koop is: Pannekoek, Cupcakes
asook ander lekkernye. Kom ondersteun ons asb.
Neem Kennis…
Ons benodig nog die
hulp van 6 Kategete (volwassenes wat help met die Kategese klasse). Dit wissel
vanaf die kleuterklassie tot Gr 10. Daar behoort 2 persone per graad te wees,
ons het in sommige grade net 1 persoon. Indien jy bereid is om te help, kontak
my asseblief by 082 570 2332.
Vir jou dankoffer
betaling die volgende Inligting.
NG Gemeente Potch
Vyfhoek
ABSA
Rek no: 680 590 036
Verwysing: Jou naam en wyk
Uitnodiging…
Potchefstroom se
Mannekoor tree onder Babs Brouwer op in ‘n Paasprogram Sondag 28 Maart 2021 om
18:00 in die Gereformeerde Kerk in Thabo Mbeki rylaan (langs Standerdbank).
Dit is ‘n besondere
program en almal is welkom.
No comments:
Post a Comment