Friday, 24 February 2017

Oordenking - dit is lekker om ryk te wees

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.

DIT IS LEKKER OM RYK TE WEES

"Moenie vir julle skatte op die aarde bymekaar maak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar; waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie." (Matt. 6:19-20)

“He who collects the most goodies wins.” Vir baie gaan dit net oor geld en besittings. Mense wat baie geld het, het mos baie mag. Hulle kan doen net wat hulle wil.

Hierdie drang van mense om baie dinge te besit, is nie 'n moderne verskynsel nie. Toe Jesus op aarde was het Hy dit ook dikwels teëgekom. Daarom dat Hy op 'n dag in die bergrede hierby aangesluit het deur te sê dat mens inderdaad vir jou skatte bymekaar moet maak terwyl jy nog die kans het. Maar Hy het egter 'n belangrike kwalifikasie hierby gevoeg. Jesus sê dat mens jou skatte by die regte “bank” moet belê.

lemand wat daarop uit is om geld te maak, weet dat dit belangrik is om alle kosbare besittings veilig te belê, anders neem skelms en inflasie dit op 'n goeie dag uit jou hande uit. En omdat Jesus die verskillende “beleggings­markte” hier op aarde die beste van almal ken, beveel Hy mense aan om hul skatte reg te belê, by God self. Want slegs by God se “hemelse bank” is jou skatte vir altyd veilig. Geen dief kan immers hier korn inbreek nie. Boonop lewer die hemelse bank die heel beste diwidende op, die ewige lewe. Op tydelike gebied lewer dit blydskap, vrede en hoop op.

'n Belegging by God se bank beteken dat jy jou hele lewe onvoorwaarde­lik aan Hom moet toevertrou. Dit vra dat jy afstand sal doen van alle “te­kenregte” op die rekening van jou eie lewe en dit aan God sal oorlaat om jou lewe voortaan te bestuur. So 'n belegging lewer ewige resultate op.


'n Geseënde in God se oë is iemand wat sy of haar lewe reg belê het. Dit is die persoon wat die meeste van al die regte skatte bymekaar gemaak het en wat dus op die ou end die ewige lewe as prys gaan wen.

Friday, 17 February 2017

Oordenking - 'n Nuwe Prioriteitslys

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.

‘N NUWE PRIORITEITSLYS

1.
U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. (Ps. 119:89)

Die Here se woord sal vir altyd bly bestaan. So sê die psalmskrywer in vers 89. Niks of niemand sal dit ooit kan doodpraat of van die toneel af verwyder nie.

As dit dan waar is dat God se woorde die enigste vastigheid hier op aar­de is waar alles en almal aan verganklikheid en verandering onderworpe is, dan is dit mos dwaas van my as ek my nie gereeld hiermee besig hou nie. Wanneer ek onnodig baie energie op tydelike dinge verspil terwyl ek die Woord van God verwaarloos, dan moet ek 'n slag my prioriteitslys in orde kry.

Dit is presies wat die skrywer van Psalm 119 gedoen het. Hy het op 'n dag besluit om sy lewe aan die bestudering van God se woord te wy. Kort voor lank het hy agtergekom dat dit wonderlike diwidende oplewer. Ten eerste het dit sy gedagtes met nuwe inhoude gevul (vgl. v. 97). In plaas van al die negatiewe dinge wat vroeër deur sy kop gemaal het, het hy nou baie meer as vantevore aan God gedink. Tweedens het die psalmskrywer allerlei nuwe insigte oor God ontdek (vgl. v. 98-100). Vervolgens het sy studie van God se woord hom van moedswillige sondes af weggehou (vgl. v. 101-104). Hy het dus nie maar net Bybelstudie gedoen nie. Nee, hy het ook toegelaat dat die woord na sy hande en na sy voete toe deurwerk sodat hy dit wat hy geleer het daagliks uitgelewe het.

Die skrywer van Psalm 119 het ontdek dat die woord van God soos 'n lamp was wat vir hom die regte koers aangedui het en hom gehelp het om volgens God se wil te lewe. Hierdie intense betrokkenheid by die He­re se woord het tot gevolg gehad dat hy uiteindelik kon bely dat dit vir hom meer werd is as die kosbaarste goud op aarde (vgl. v. 127). Wat 'n wonderlike belydenis van iemand wat deur God se woord oorweldig is. Wat 'n voorreg om so in die middel van die fontein van God se seëninge te mag staan.

Friday, 10 February 2017

Oordenking - Hoe lief het ek u Woord

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.

HOE LIEF HET EK U WOORD

Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby. (Op. 1:3)

Toe Johannes die Openbaringboek geskryf het, het hy geweet dat hy sommer baie bevoorreg was om vir 'n wyle in die beheersentrum van die heelal, God se troonsaal, te kon ingaan. Boonop kon hy ook nog sien hoe­dat Christus uiteindelik met al die bose magte afreken. Hierna het God hom toegelaat om al sy ervaringe op skrif te stel en dit met ander mense te deel. Daarom skryf Johannes in hoofstuk 1:3 dat die lesers baie geseënd is om al hierdie woorde te mag lees. Dit bied immers ook aan hulle die ge­leentheid om God se troos te mag ervaar, maar ook om hulle lewe in orde te kry voordat dit te laat is.

Tot vandag toe word ons ook die geleentheid gebied om Openbaring, asook al die ander Bybelboeke, te mag lees. God sê dat dit 'n onuitspreeklike groot voorreg is; so 'n groot voorreg dat Hy ons selfs as geseëndes beskryf. Maar daar is tog 'n voorwaarde hieraan verbonde. Johannes sê dat ons al­les ter harte moet neem wat ons lees. Ons kan die Bybel nie maar haastig lees en dit daarna toeslaan en aangaan met ons lewe asof niks gebeur het nie. Nee, ons moet dit diep in ons hart wegbêre sodat ons ons lewe daarvol­gens kan inrig. Dan is ons presies op die plek waar God ons wil hê. Want dan kan sy Gees die Bybelse ink-en-papier-woorde met sy eie hand op ons hart oorskryf.

Beskou God jou ook as een van die geseëndes omdat jy sy Woord met jou hele hart liefhet? Leef jy ook vir daardie oomblikke dat jy die Bybel of een of ander geestelike boek kan lees? So nie, moet jy eenvoudig begin om tyd hiervoor te maak. Dit is deur en deur die moeite werd.


Nuusbrief 12 Februarie

Welkom by die Erediens van
NG Kerk Vyfhoek op
Sondag 12 Februarie 2017

Dien en lewe met hoop …….
Ons gemeente se tema vir die jaar.
Om met ‘n hoopvolle hart te lewe …..
Hoe kan ons hoopvol en positief lewe? Van die toekoms kan ons mos nie seker wees nie! Dit is wat die Bybel met die Christen se hoop bedoel: Ons leef met die sekerheid dat God rééds vir ons ‘n wonderlike toekoms berei het en dat ons dit eendag beslis sal
beërf. Verbly jou hieroor, gemeente van Vyfhoek!


Sondag 12 Februarie 2017
08:00  Mannebiduur
09:30  Erediens:  Ds E Vosloo “Vergifnis en Versoening”
            DIE VADER Lukas 15:11-24
09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30  Kategese (Gr 7-10)
10:30  Tee by die luik
16:30  Belydenisgroep  vergader
18:30  Aandiens –Ds H Roelofse “Lewe in die dood – is verassing in stryd met die Bybel”
               1 Korintiërs 15:12-19 en 42-50        

Sondag 19 Februarie 2017.

08:00  Mannebiduur
09:30  Erediens
09:30  Kleuterkerk en Kategese (Gr 1-6)
10:30  Kategese (Gr 7-10)
10:30  Tee by die luik
16:30  Belydenisgroep
18:30  Aanddiens


DAGBOEK VAN NG-VYFHOEK…….
Maandag 13  Februarie
17:15  ES le Grange Kategese
17:15  Bybelstudie in die konsistorie
Dinsdag 14 Februarie
14:30  Damesbybelstudie
Woensdag 15 Februarie
18:30  Kerkraadsvergadering
Donderdag 16 Februarie
19:00  Kleingroepbyeenkoms by Hans En Marie Ubbink, 082 782  2535.
19:00  Die Timoteus Omgeegroep bymekaar, kontak vir Carla by
      082 552 9642 as jy wil inskakel.


VOORBIDDING VIR DIE VOLGENDE SIEKES
*Chrisna Rankin moet ‘n operasie ondergaan, 082 572 3026.
*Ebbie Smidt ontvang behandeling, 063 611 9949.
*Deon Theart herstel tuis na ‘n operasie, 079 497 3254.
*Louise Rigaard is in Mediclinic, 084 518 6433.
*Miemie Jordaan herstel in Mediclinic, 072 336 6577.
*Johan van der Walt is tuis na ‘n  operasie,  076 759 7405.
*Marie De Villiers is in Potch-Hospitaal, (018) 290 7004.
*Henna Steenekamp herstel in MediClinic, na ‘n operasie,
  083 605 5685.
*Martie Langenhoven gaan Dinsdag vir ‘n operasie,
  082 450 0224.
*Corrie Terblanche ondergaan Woensdag ‘n operasie,
  083 290 2557.
*Ina Muller het ‘n operasie ondergaan, 082 591 7295.

Hospitaal opnames:  Die leraars het werklik ‘n groot probleem om gemeentelede op te spoor wat in die hospitale is.  Laat weet asseblief die kantoor of een van die leraars as jy of een van jou gesin in ‘n hospitaal of kliniek opgeneem word.

Medelye aan Martie Grobbelaar met die afsterwe van Thys.
Kontak haar by, 083 976 2321.
Hulle was voorheen van Vyfhoek gemeente, maar het verhuis.
                                                              

Verjaarsdae tot 18 Februarie
12 Februarie
Riëtte Claasen-082 844 0202
Louis Du Toit-082 881 0460
Annelies Gibbs-083 627 5121
Tessa Smit-072 226 1825
14 Februarie
Simonique Oberholzer-082 303 0256
Benyah van Vreden-081 405 8084
15 Februarie
Annatjie Vermaak-(018) 290 5844
16 Februarie
Cecilia Mathey-082 592 3848
Pedro Rankin-082 375 9645
17 Februarie
Johan Badenhorst-082 874 9532
Lynette van der Merwe-084 596 3883
18 Februarie
Laetitia Olivier-082 859 2855
Elise van Staden-082 431 9508


Liewe Gemeente lid,
Ons is alreeds volstoom besig met die voorbereidings van die basaar.
Daarom het ons die vrymoedigheid om vir julle te vra, om asseblief seker te maak dat die Wit Olifante wat geskenk word, skoon en in ‘n werkende toestand is. Ook vra die Kindertafel, wat in lekkergoed spesialiseer, dat die pakkies asseblief eerder in deurskynende sakkies is, en nie te duur nie. Die kleintjies wil graag sien wat daarin is. Dan is ons dringend op soek na enige rooi en blou lap. Enige soort sal doen. Ook benodig ons dropper-
paaltjies wat by die Kinderpark gebruik gaan word. Baie dankie!

Gholfdagvergadering
Ons gemeente se Gholfdag vind op 9 Junie 2017 plaas. Graag nooi ons alle gholfers en ander helpers uit om asb ons afskopvergadering komende Maandagaand, 13 Februarie om 18:30 by die kerk by te woon. Kom help ons asb om weereens hiervan ‘n groot sukses te maak. Persone of besighede wat ons wil borg, word gevra om op die uitkyk te wees vir besonderhede wat sal volg.


BASAAR 2017
3 Junie, vanaf 9vm
Basaar 2016 was só geseënd! Soli Deo Gloria!
Ons tema vanjaar is KUIERFEES! Weereens met baie vermaak, te ete en drinke.
Graag doen di Eljam en Hansie ‘n beroep op elke lidmaat om op een of ander wyse by hierdie grootse projek betrokke te raak. Retha sal jou mettertyd vanuit die kerkkantoor kontak, soos verlede jaar. Dit het baie goed gewerk.
Help ons asb om so gou as moontlik van die items te bring soos ons dit op die weeklikse Nuusbrief aanvra. Ons sal dit waardeer, want as ons nie vroeg begin nie, gaan daar nie vrugte gepluk kan word nie!

kYk GeRuS UiT En StEl JoU NoAl In ViR
-   die kafeetjie by stasie 5 … waar jy iets sal kan geniet terwyl die klein  
    span op die miniatuurtreintjie baljaar.
-  ‘n kuier by feestelike tafeltjies met pannekoek en lekker koffie.
-  ‘n geleentheid om vanuit die lug die basaar te fotografeer!
Kom ons werk almal saam om ‘n heerlike dag vol vrolikheid te geniet!


Basaar 2017
3 Junie
Die Basaarbediening het reeds 2 keer vergader en is volstoom aan die werk.  Baie dankie vir al die leiers wat ingeval het en met oorgawe weggespring het.  
Retha sal mettertyd met jou skakel oor jou betrokkenheid. Wees gereed!
Waar gaan jy en jou gesin help
Watter produkte sal julle bydrae,
Jou kontant bydrae.
Ons sal ook van volgende week af aandui watter produkte ons nodig het, en wat jy Sondae of gedurende die week kantoor toe kan bring.
Wees asb geduldig met ons– ook as ons in die proses foute maak. Ons is almal mense en ons bid altyd dat Christus se liefde,  voorop sal staan in ons lewens.  Ds Eljam


Teebeurte vir die komende Sondae….. 
Sondag 12 Februarie
Hantie Erbstoesser
19 Februarie
Frances Roelofse
26 Februarie
Chrisna Rankin
5 Maart
Heleen Deysel
12 Maart
Mada Vosloo
19 Maart
Wilma Cooper
26 Maart
Leonora  Brewis


Neem Kennis….
Van die Kerkraadsvergadering wat plaasvind op 15 Februarie om 18:30 in die kon-sistorie.




Kerkraads ontbyt
Dit vind plaas op 18 Februarie om 09:00. As jy dit wil meemaak, kontak die kantoor by 290 59 88 met getalle.


Dringende verkoop!
Prys verlaag na R1.95 m.
Meenthuis in ‘n veilige kompleks in Van der Hoffpark, 4 slk, 3 badk, 3 leefareas, Dubbel motorhuis, 3 afdakke.
Skakel 082 335 7288/ (018) 290 6827


Vrouediens kuier
Wanneer: Vrydag 3 Maart
Hoe laat:  Enige iets van 18:00 af
Waar:  Ons sal jou laat weet
Wie:  Almal wat belangstel
           Laat weet ons net!

Kom en kom geniet ‘n heerlike aand saam met ons. Dit is altyd heerlik om net te kuier en te ontspan.

Thursday, 9 February 2017

Oordenking - God se HEMELSE waarborge

Liewe Vyfhoek-gelowige,

Lees gerus hierdie oordenking.

GOD SE HEMELSE WAARBORGE

Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. (Ef. 1:14)

Die slagspreuk van 'n bekende sake-instelling het op 'n stadium gelui dat hul goeie naam die waarborg is dat jy altyd hoë kwaliteit produkte by hulle sal kan aankoop. 'n Waarborg is inderdaad baie belangrik wanneer mens een of ander kosbare artikel soos 'n motor of 'n duur implement wil aankoop. Gewoonlik doen jy dan twee dinge: Eerstens betaal jy 'n deposito as bewys van die erns van jou voornemens om daardie item te besit. En tweedens verlang jy ook 'n waarborg van die verkoper dat die item of pro­duk wat jy aangekoop het wel van hoogstaande kwaliteit is.

Deposito's en waarborge is nie maar net besigheidsterme nie. Nee, Paulus vertel vir ons in Efesiers 1:14 dat dit ook godsdienstige begrippe is. Hy sê hier dat God twee baie belangrike dinge vir ons kom doen het. Hy het die Heilige Gees as waarborg en as deposito aan ons gegee om ons te verseker dat ons die hemelse troonsaal sal haal. Kan jy dit glo? God ag ons klein ou mensies so belangrik dat Hy, die Koning van alle konings, bereid is om 'n deposito op ons lewe te kom betaal. Dit is nou nie meer ons wat van ons kant af een of ander deposito aan God moet gaan oorbetaal vir die voorreg om sy kinders te mag wees nie. Nee, Hy het die rolle net mooi kom omruil met sy lewende deposito in ons lewe.

Die Heilige Gees is terselfdertyd ook die waarborg van God se kant af dat die res van die feesmaal vir ons aan die ander kant van die graf in die nuwe Jerusalem wag. Die vreugde en blydskap wat ons reeds hier op aar­de as God se kinders mag beleef, is maar net die begin. Die groot fees lê eintlik nog voor. En die Gees is die hemelse waarborg dat ons elkeen wat Jesus as die Here ken, daar sal aankom. God se waarborg is immers in sy Naam geleë.


Friday, 3 February 2017

Oordenking - Omring deur 'n splinternuwe familie

Liewe Vyfhoek-gelowige,

Lees gerus hierdie oordenking.

OMRING DEUR ‘N SPLINTERNUWE FAMILIE

Julle is dus nie meer ver van God af nie maar medeburgers van die ge­lowiges en lede van die huisgesin van God. (Ef. 2:19)

Ons is oor die algemeen maar 'n klompie individualiste. Met ander woor­de, ons hou daarvan om self besluite oor ons eie lewe te neem, soos met wie ons wil vriende wees; watter beroep ons wil beoefen; met wie ons wil trou; en dies meer.

Hierdie sterk individualistiese streep wat die meeste van ons in ons het, is iets wat baie vreemd was in die Bybelse tyd. Die meeste mense was toe groepsgeoriënteerd. Met ander woorde, hulle was van mening dat individue altyd by die groep se reëls en regulasies moes inval, en nie andersom nie. Die vroeë kerk het ook by hierdie opvatting aangesluit. Daarom kon Paulus aan die Christene in Efese skryf dat hulle nou ook deel van God se groot nuwe huisgesin is, en dat hulle nie maar net 'n klompie losstaande persone is wat op hul eie in God moet glo nie.

God self staan natuurlik aan die hoof van hierdie nuwe familie van ge­lowiges. En binne sy familie is nie een van sy kinders ooit ver van Hom af nie. Hy het immers nie vir ons sy slawekwartiere gereed gemaak om in te bly nie, maar wel sy eie paleis. En hier bly ons as 'n nuwe huisgesin almal saam. Nie een van ons het 'n beter of 'n slegter plek gekry nie. Nee, voor ons Vader in die hemel is ons almal gelyk.

Christene is bloedfamilie van mekaar op grond van Jesus se soenoffer aan die kruis. Daarom moet ons ingesteldheid en optrede jeens mekaar dit ook weerspieël. Die Here het ons as gelowiges immers aan mekaar ge­gee sodat ons vir mekaar tot 'n seën en 'n vreugde kan wees.

In hierdie wêreld met at sy probleme en swaarkry het ons mekaar bit­ter nodig. Ons moet mekaar soos familielede van ons hemelse Vader behan­del deur mekaar te dien.


Huweliksverryking en versoek om hulp

Liewe Vyfhoek-gemeente

NG Welsyn wil graag weereens ‘n beroep doen om hulp. 
Ons word oorval deur mense wat ‘n kos nood het.  Van ‘n gekookte ete vir ‘n straatloper tot gesinne wat net nie meer instaat is om in hul materiële behoeftes te voorsien nie.

Ons het sedert  September 2016 tot die 20 Januarie 2017
§  56 persone met ‘n gekookte ete voorsien
§  53 persone met klere gehelp
§  25 gesinne met ‘n kospakkie voorsien ( Waarde ongeveer R300)

Dit sluit die 57 gesinne wat ons kon help met u donasies om ‘n kersfees kospakkie uit.

Ons het ‘n reëling by die kantoor dat ons Vrydae vir mense wat ‘n warm ete nodig het dit dan uitgee.  Ons word oorval met mense en ons yskaste is leeg.  Van die gemeentes het in die verlede ons ondersteun deur gemeentelede te versoek om ‘n ekstra bord kos tuis voorteberei as hulle vir hulself kosmaak en dit dan te vries.  Ons gaan haal dan die etes by die gemeente en deel dit dan weer uit aan die mense in kos nood.  Soms word dit ook deel van ons kospakkies. Dit was ‘n baie groot hulp. 

Graag word verneem of u nie weer ‘n beroep op gemeente lede kan doen om ons te help met die insameling van of gekookte etes, sop, of items vir ‘n kospakkie nie. 

U voordurende ondersteuning word hoog op prys gestel.  

Vriendelik Groete

Elna Francke [Maatskaplike Werker – NG Welsyn]

Huweliksverrykingsreeks

Ons is opgewonde oor die huweliksreeks wat aangebied gaan word elke Donderdag vanaf 18:00 tot 19:00 in die konsistorie.  Daar is nie klein groepies of besprekings of “sharing” nie, ons kyk ‘n DVD van Jimmy Evans oor “Indestructable Marriages”.  Die reeks bestaan uit 6 sessies en begin Donderdag 9 Februarie 2017.  Daar is plek vir meer as 14 paartjies.

Jimmy Evans raas nie met die man of vrou nie, hy vertel net wat hy geleer het uit sy huwelik [40 jaar], die Bybel en 30 jaar as Predikant wat fokus op huwelike.

Kom saam en ontdek die regte plan wat God vir ons huwelik het [ander as wat die “Movies” ons leer].  God het ‘n werkbare, ongekompliseerde plan vir ons huwelike en sy doel is da tons meer as gelukkig getroud moet wees, 100% gewaarborg.  Moet nie jou kans hierop misloop nie!

Wanneer:                  Elke Donderdag vanaf 18:00 tot 19:00
Waar:                         NG Vyfhoek se konsistorie
Wat van kinders     Bring hulle saam, daar is 2 volwassenes wat na hulle omsien in die kleuterklas.
Wie mag kom:         Enige iemand wat getroud is, jonk/oud, daar is geen ouderdomsbeperking nie.

Wat word van jou verwag?         Kom kyk net die DVD, niemand gaan jou dwing om te “share” nie.