Liewe Vyfhoek-gemeente
NG Welsyn wil graag weereens ‘n beroep doen om
hulp.
Ons word oorval deur mense wat ‘n kos nood het. Van
‘n gekookte ete vir ‘n straatloper tot gesinne wat net nie meer instaat is om
in hul materiële behoeftes te voorsien nie.
Ons het sedert September 2016 tot die 20
Januarie 2017
§ 56 persone met ‘n gekookte ete voorsien
§ 53 persone met klere gehelp
§ 25 gesinne met ‘n kospakkie voorsien ( Waarde ongeveer R300)
Dit sluit die 57 gesinne wat ons kon help met u
donasies om ‘n kersfees kospakkie uit.
Ons het ‘n reëling by die kantoor dat ons Vrydae vir
mense wat ‘n warm ete nodig het dit dan uitgee. Ons word oorval met mense
en ons yskaste is leeg. Van die gemeentes het in die verlede ons
ondersteun deur gemeentelede te versoek om ‘n ekstra bord kos tuis voorteberei
as hulle vir hulself kosmaak en dit dan te vries. Ons gaan haal dan die
etes by die gemeente en deel dit dan weer uit aan die mense in kos nood.
Soms word dit ook deel van ons kospakkies. Dit was ‘n baie groot hulp.
Graag word verneem of u nie weer ‘n beroep op gemeente
lede kan doen om ons te help met die insameling van of gekookte etes, sop, of
items vir ‘n kospakkie nie.
U voordurende ondersteuning word hoog op prys gestel.
Vriendelik Groete
Elna Francke [Maatskaplike Werker – NG Welsyn]
Huweliksverrykingsreeks
Ons is opgewonde oor die huweliksreeks wat aangebied
gaan word elke Donderdag vanaf 18:00 tot 19:00 in die konsistorie. Daar is nie klein groepies of besprekings of
“sharing” nie, ons kyk ‘n DVD van Jimmy Evans oor “Indestructable
Marriages”. Die reeks bestaan uit 6
sessies en begin Donderdag 9 Februarie 2017.
Daar is plek vir meer as 14 paartjies.
Jimmy Evans raas nie met die man of vrou nie, hy
vertel net wat hy geleer het uit sy huwelik [40 jaar], die Bybel en 30 jaar as
Predikant wat fokus op huwelike.
Kom saam en ontdek die regte plan wat God vir ons
huwelik het [ander as wat die “Movies” ons leer]. God het ‘n werkbare, ongekompliseerde plan
vir ons huwelike en sy doel is da tons meer as gelukkig getroud moet wees, 100%
gewaarborg. Moet nie jou kans hierop
misloop nie!
Wanneer: Elke Donderdag vanaf 18:00 tot 19:00
Waar: NG
Vyfhoek se konsistorie
Wat van kinders Bring hulle saam, daar is 2 volwassenes wat
na hulle omsien in die kleuterklas.
Wie mag kom: Enige iemand wat getroud is, jonk/oud, daar is geen ouderdomsbeperking
nie.
Wat word van jou verwag? Kom kyk net die DVD, niemand gaan jou dwing om te “share” nie.
No comments:
Post a Comment