Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking en bepeins die vraag aan die einde.
‘N NUWE
PRIORITEITSLYS
1.
|
Die Here se woord sal vir altyd bly bestaan. So sê
die psalmskrywer in vers 89. Niks of niemand sal dit ooit kan doodpraat of van
die toneel af verwyder nie.
As dit dan waar is dat God
se woorde die enigste vastigheid hier op aarde is waar alles en almal aan
verganklikheid en verandering onderworpe is, dan is dit mos dwaas van my as ek
my nie gereeld hiermee besig hou nie. Wanneer ek onnodig baie energie op
tydelike dinge verspil terwyl ek die Woord van God verwaarloos, dan moet ek 'n
slag my prioriteitslys in orde kry.
Dit is presies wat die
skrywer van Psalm 119 gedoen het. Hy het op 'n dag besluit om sy lewe aan die
bestudering van God se woord te wy. Kort voor lank het hy agtergekom dat dit wonderlike
diwidende oplewer. Ten eerste het dit sy gedagtes met nuwe inhoude gevul (vgl.
v. 97). In plaas van al die negatiewe dinge wat vroeër deur sy kop gemaal het,
het hy nou baie meer as vantevore aan God gedink. Tweedens het die psalmskrywer
allerlei nuwe insigte oor God ontdek (vgl. v. 98-100). Vervolgens het sy studie
van God se woord hom van moedswillige sondes af weggehou (vgl. v. 101-104). Hy
het dus nie maar net Bybelstudie gedoen nie. Nee, hy het ook toegelaat dat die
woord na sy hande en na sy voete toe deurwerk sodat hy dit wat hy geleer het
daagliks uitgelewe het.
Die skrywer van Psalm 119
het ontdek dat die woord van God soos 'n lamp was wat vir hom die regte koers
aangedui het en hom gehelp het om volgens God se wil te lewe. Hierdie intense
betrokkenheid by die Here se woord het tot gevolg gehad dat hy uiteindelik kon
bely dat dit vir hom meer werd is as die kosbaarste goud op aarde (vgl. v.
127). Wat 'n wonderlike belydenis van iemand wat deur God se woord oorweldig
is. Wat 'n voorreg om so in die middel van die fontein van God se seëninge te
mag staan.
No comments:
Post a Comment