Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
As jy alles verloor het
Hy luister na die gebed van die wat
alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie. (Ps. 102:18)
Palm 102 is 'n
gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort
voor die Here. Iemand is hier aan die woord wat alles verloor het. Voor hom bly
daar niks meer oor nie. Die digter van Psalm 102 toon al die tipiese simptome
van depressie: hy het alle eetlus verloor, hy het geweldig gewig verloor, hy
voel hom eensaam en verlate en hy stort elke dag emmers trane. Dit voel selfs
vir hom of die Here hom weggegooi het.
Herken jy
jouself in hierdie psalm? Sommige mense ly só erg aan depressie dat hulle
selfdood as die enigste uitweg sien. Soos Jona, toe sy komkommerplant verwelk
het, wil hulle vir die Here vra: "Laat ek nou maar sterf, Here, want dit
is vir my beter om te sterf as om te lewe" (vgl. Jona 4:8). Het jy miskien
ook al só gedink? Het jy selfs al verder gevorder as Jona en 'n poging
aangewend om self 'n einde aan jou lewe te maak? Om dit te doen, gaan niks aan
jou probleme verander nie, want jou lewe hou nie hier op nie. As jy in God glo,
gaan jy eendag in die hemel by Hom wees!