Friday, 27 May 2016

Oordenking - As jy alles verloor het

Liewe Vyfhoek-gelowige

Lees gerus hierdie oordenking.

As jy alles verloor het

Hy luister na die gebed van die wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie. (Ps. 102:18)

Palm 102 is 'n gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort voor die Here. Iemand is hier aan die woord wat alles verloor het. Voor hom bly daar niks meer oor nie. Die digter van Psalm 102 toon al die tipiese simptome van depressie: hy het alle eetlus verloor, hy het geweldig gewig verloor, hy voel hom eensaam en verlate en hy stort elke dag emmers trane. Dit voel selfs vir hom of die Here hom wegge­gooi het.


Herken jy jouself in hierdie psalm? Sommige mense ly só erg aan depres­sie dat hulle selfdood as die enigste uitweg sien. Soos Jona, toe sy kom­kommerplant verwelk het, wil hulle vir die Here vra: "Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe" (vgl. Jona 4:8). Het jy miskien ook al só gedink? Het jy selfs al verder gevorder as Jona en 'n poging aangewend om self 'n einde aan jou lewe te maak? Om dit te doen, gaan niks aan jou probleme verander nie, want jou lewe hou nie hier op nie. As jy in God glo, gaan jy eendag in die hemel by Hom wees!

No comments:

Post a Comment